Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seehuisie

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tunastraat, Duinepark 989, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seehuisie is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis, wat in Duinepark, in Witsand geleë is. Die huis is ongeveer 50 m van die strand af met direkte toegang tot die strand uit Duinepark.

Die huis bied gemaklike verblyf en slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders.

Die eerste twee slaapkamers is op die grondvloer. Een kamer is toegerus met ‘n dubbelbed en die ander kamer met twee enkel “bunk-beds”. Beide hierdie kamers het ingeboude kaste.

Daar is ook ‘n aparte badkamer op die grondvloer met ‘n wasbak, ingeboude kassie, toilet en ‘n stort.

Op die eerste verdieping is die derde slaapkamer, toegerus met ‘n dubbelbed, ingeboude kaste en ‘n en suite badkamer met ‘n wasbak, ingeboude kassie, toilet en ‘n groot ovaal-vormige bad.

Ook op die eerste verdieping is ‘n ruim, oopplan leefarea en kombuis.

Die sitkamer het gerieflike sitplek en ‘n groot rusbank, ‘n koffietafel en ’n TV met Premium DStv-pakket. Ons bied ook gratis WiFi.

Die kombuis het onder andere ‘n koffie-perkuleerder, “air fryer” en skottelgoedwasser, asook ‘n 6-sitplek eetkamer tafel.

Daar is ‘n binne-braai en ‘n balkon met ‘n gedeeltelike see-uitsig.

Die huis het ook 'n enkel motorhuis wat kan toesluit waar ‘n boks-vrieskas, wasmasjien en tuimeldroër is vir u gebruik.

Daar is onderdakparkeerplek vir een motor.

Witsand is 'n gewilde bestemming vir visvang in die Breederivier met sy groot kabeljou.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tasneem A
Gesin met tieners
5.0
Nice and cosy. The house is nice and cosy, within walking distance to the sea and tidal pool. The family really enjoyed the stay and wi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Danielle S
Gesin met klein kinders
5.0
Very nice cozy place. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Rhamiz H
Gesin met klein kinders
5.0
We had a good stay. We had a freak incident with the next door house, where the barge board broke off and fell on our vehicle and cause...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Armand G
Saam met vriende
5.0
Dis 'n perfekte huis by die see. Die ligging van die huis is perfek, dit is baie veilig in die park en mens is net 30m van die see. Als was netjies en...
Sien meer
Feb 2024
Mauricia B
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld. Skoon en netjies. Fantastiese woonplek met goeie ligging.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Isobel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tunastraat, Duinepark 989, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seehuisie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tunastraat, Duinepark 989, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf41ebb0ec3e184886eb4aaa66467aec94750eec115f504ea74dc11e5b8584f2b932d56d5bc7af95974ad9cfbb7cb792515c6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6) 67 5 1 5 Tuna Street 989 Duinepark 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.392462819237 20.861774003388

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang