Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seemeeu

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Penquin-straat 18, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 750 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Seemeeu is 'n selfsorghuis met gerieflike slaapplek vir 4 persone in Lambertsbaai, met pratige see-uitsigte vanaf die stoep.

Seemeeu het 'n battery en 'n laaier vir beurtkrag. WiFi is ook beskikbaar.

Dié huis het 'n stoep met 'n see-uitsig, 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort, bad en toilet. Badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die moderne, oopplan-kombuis is met 'n gasplaat, elektriese oond, mikrogolfoond en yskas-vrieskas toegerus. Daar is ook 'n tweeplaatgasstofie wat tydens beurtkrag gebruik kan word. 'n Wasmasjien is beskikbaar.

Gaste kan in die sitarea met gerieflike Coricraft-rusbanke voor die kaggel ontspan, daar is 'n TV met DStv. Oopvoudeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai. 'n Braairooster word voorsien. Parkeerplek is in die enkelmotorhuis beskikbaar en daar is plek vir nog 'n voertuig agter die palissade-heining. Daar is ook 'n alarmstelsel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Hierdie woonstel het 'n omskakelaar en 'n battery.

Lambertsbaai het heerlike restaurante en 'n besoek aan die Voëleiland is 'n belewenis. Daar is ook swem, branderplankry en 4x4-roetes. Walvisse maak ook 'n draai in die area tussen Augustus en November.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Hector C
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n voorreg om in Seemeeu te bly. Alles van topgehalte. Ligging was goed. Dit was baie lekker om in so 'n mooi, skoon en netjiese plek te bly.
Aug 2024
Anneline S
5.0
Ons het baie lekker gebly. Dit is 'n baie mooi plek met 'n pragtige uitsig. Hy is lekker naby aan die strand geleë en jy kan die see/branders die hele...
Sien meer
Aug 2024
Rina A
Saam met vriende
5.0
Die beste vakansie wat ek al ooit beleef het. Sal dit enige tyd aanbeveel. Ek wil julle bedank, dit was my beste verblyf van al die plekke waar ek al...
Sien meer
Jun 2024
Christine C
Saam met lewensmaat
5.0
Bitter lekker. Spesiaal. Wat 'n wonderlike plek. So pragtig ingerig en 'n mooi uitsig. Alles wat mens nodig het is daar. Baie goed ingerig en uitgelê....
Sien meer
Mei 2024
Hanlie S
Saam met lewensmaat
5.0
Beste waar ek nog gebly het. Pragtige, gerieflike, netjiese huis. Veilige parkering. Mooi see-uitsig. Baie veilig.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Carlin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Penquin-straat 18, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seemeeu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Penquin-straat 18, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA324d8c57ad4bb4a8cb7e243199356266f5a1102105a51fcef9e3dd1daa2becbc07a35846d1b510f3f33c236c2f9ab882b342?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 4 mense 64 5 1 5 18 Penquin Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.107515212783 18.304599504517

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang