Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seevoetjies

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Georgepad, De Bakke Terrace 33, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seevoetjies is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel met pragtige see-uitsigte in die veilige De Bakke Terrace-kompleks in Mosselbaai. Dit is ook gerieflik geleë naby De Bakke se blouvlagstrand asook talle winkels en restaurante.

Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer en 'n gastetoilet. Die eerste 2 slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n stapelbed het. 'n Bad, stort en wasbak is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix en 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitkamer se skuifdeure lei na 'n omheinde patio met 'n etenstafel en 'n gasbraai. Dié patio het ook skuifdeure wat gaste kan oopmaak om die seelug in te laat. Gaste word veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis in die kompleks bekostig.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Georgepad, De Bakke Terrace 33, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Georgepad, De Bakke Terrace 33, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA95a27f566e864e1bb7bf379d57125e1da70340bad613d0b81afb4caa38900ec7a45b95d04cf849777bbe45e1127847e3cfff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) George Road De Bakke Terrace 33 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.173919721015 22.128750085831

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang