Seloko Guest Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A39.4 langs die R71, Magoebaskloof, Tzaneen, 0730, Limpopo
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Seloko Guest Cottage is selfsorgeenheid op 'n klein bokplaas in die mistige berge van Magoebaskloof, en bied 'n asemrowende uitsig en 'n wegbreek van die besige lewe. Hierdie verblyf bied 'n rustige toevlugsoord in 'n skilderagtige omgewing en word deur sonkrag aangedryf, wat beligting en WiFi verseker.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n gasaangedrewe stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n tafel met 2 stoele. Dit lei na die sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite op die stoep kan gaste 'n oggendkoffie geniet of aan 'n glas wyn teug. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- A39.4 langs die R71, Magoebaskloof, Tzaneen, 0730, Limpopo
Sien meer verblyf in Magoebaskloof Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A39.4 langs die R71, Magoebaskloof, Tzaneen, 0730, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang