Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Croft Cottage

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Emile T
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

N Wonderlike ervaring. Baie waardevolle wegbreek. Dit was n heerlike verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie Emile vir jou wonderlike akkommodasie resensie. Ons hoop om jou weer binnekort te verwelkom vir nog 'n aangename verblyfervaring!

Charl U
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Die perfekte wegbreek: Snoesige verblyf in 'n pragtige omgewing. Die Croft Cottage was die ideale wegbreuk vir ons as 'n jong paartjie. Die eenheid is vreeslik netjies en goed toegerus, met 'n lekker snoesige atmosfeer, veral as die kaggeltjie aan die knetter is. Die huisie is pynlik netjies en skoon, met 'n ruim en funksionele badkamer. Die ligging van die eenheid is ook uitstekend, afgeleë van die groter samweling, maar sentraal tot meeste aanloklikhede rondom Haenertsburg en Magoebaskloof. Die bekende Zwakalala brouery is klipgooi, en die hartige restaurant Pot 'n Plow net om die draai. Inklok en uitklok was maklik en selfhelp, met duidelike instruksies. Dit het vir ons geen probleme veroorsaak nie. Boonop is daar ook addisionele veiligheid in die vorm van 'n alarmsisteem vir ons bang Gautengers. Die onmiddellike omgewing is pragtig en daar is soveel om te doen en te besigtig, en lieflike wandelpadjies op die perseel self. Die Croft Cottage is definitief goeie waarde vir geld, en ons kan dit met 'n geruste hart aanbeveel en sal vir seker weer terugkeer. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie, Charl, vir jou uitstekende akkommodasie-resensie. Ons is so bly dat u 'n wonderlike tyd by Croft Cottage gehad het! Dit is fantasties om te hoor dat u die kaggeltjie en die wandelpadjies so geniet het. Ons streef daarna om 'n gemaklike en ontspannende verblyf te bied, sonder die bekommernis van veiligheid. As u graag meer van ons bekoorlike omgewing wil verken, of as u 'n spesiale geleentheid wil vier, moenie huiwer om ons weer te kontak nie, want ons bied spesiale tariewe vir terugkerende gaste. Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom!

Theuns C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Rustig en stil. Van aankoms tot vertrek het alles seepglad verloop. Nicola is vriendelik en altyd bereid om te help, selfs met lastige oproepe. Alles was mooi netjies en skoon. Die kothuis is lekker warm, al was dit koud buite. Ons het nie eers nodig gehad om die verwarmer of kaggel te gebruik nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Dankie dat u ons gekies het vir u verblyf. Ons is so bly om te hoor dat u verblyf so 'n sukses was. Dit is vir ons belangrik dat ons gaste 'n ontspannende en gerieflike tyd by ons deurbring. Ons waardeer u terugvoering en hoop om u weer binnekort terug te verwelkom.

Annelie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Rus en vrede. Nicola was baie hulpsaam met informasie en het vinnig gereageer op vrae en boodskappe. The Croft Cottage was netjies, goed toegerus met alles wat nodig was en was rustig met ryk voëllewe en pragtige bome. Ons was in die tuine en sal dit graag in die lente wil sien. Julle water is baie lekker daar. Ons sal julle vir seker weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Juli V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Wonderskoon, rustig, veilig en privaat. So lekker gebly! Ons is "opgradeer" na Meadow Cottage! Albeit cottages is pragtig, maar Meadow Cottage se ligging is beter omdat dit meer privaat is. Omgewing is wonderskoon!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, Juli Van Rooyen! Dit is wonderlik om te hoor dat jy so lekker gebly het in Meadow Cottage. Ons is bly dat jy die ligging en privaatheid daar waardeer het, en dat jy die omgewing so mooi gevind het. Ons hoop om jou weer binnekort te verwelkom vir nog 'n aangename verblyfervaring!

Juanita V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Rustig afgesonder op die plaas en in die natuur. Lekker rustig in die natuur, maar nie te afgesonder nie. Dis lekker om 'n kombinasie van plaaslewe en natuur vroeg in die oggende te hoor. Ons het sommer gereeld voetgeslaan na die omliggende plase toe. Daar is ook heelwat om te doen in die omgewing binne 'n kort ryafstand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Dit is wonderlik om te hoor dat julle 'n rustige en aangename tyd gehad het by ons en in die natuur. Baie dankie vir julle ondersteuning en terugvoer!

Elsabie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Dadelik tuis gevoel in die gerieflike cottage! Ons het 'n onvergeetlike kuier op die plaas gehad! Daar is soveel pragtige wandelpaadjies en om langs die damme te gaan sit op een van die houtbankies was onbeskryflik mooi! Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer! Ons waardeer dit regtig dat jy die tyd geneem het om jou ervaring met ons te deel. Ons hoop dat julle weer gou by ons sal kom kuier, sodat ons julle weer kan verwelkom!

Jackie S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2024

Plek is netjies en die area is altyd mooi. Alles was piekfyn gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie vir jou positiewe resensie, Jackie! Ons is bly om te hoor dat jy jou verblyf by ons geniet het en dat jy die plek netjies en die area mooi gevind het. Ons neem jou voorstelle in ag en hoop om jou weer gou as gas te hê!

Johan A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2024

Baie lekker. Ja, baie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie vir julle terugvoering. Ons waardeer dit so baie.

Chris T
Kort verblyf
5.0
Des 2023

Fantasties. Heerlik ontspan! Vriendelike diens. Fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nicola
The Croft Cottage
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, Chris! Ons is bly om te hoor dat jy 'n heerlike ontspanning by ons gehad het en dat die vriendelike diens vir jou fantasties was. Ons waardeer jou ondersteuning en hoop om jou binnekort weer te verwelkom vir 'n nog beter ervaring.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Nicola Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 57

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cheerio-weg L6, Sequoia Garden Retreat, Haenertsburg, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3dbd6666bad926a952966aaeabae9f8fbcdc207318752a44d4fad9a9b9e277b25c1b59e8001d8a030bf35526bb2b2f21a6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 54 5 1 5 L6 Cheerio Road Sequoia Garden Retreat 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -23.899891666667 29.949261111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang