Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SereNight Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bouvardia-laan 24, Lynnwood Ridge, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SereNight Guest House is op die oewer van die Moreletaspruit in die rustige woonbuurt Lynwood Ridge in Pretoria geleë. Dit is ideaal vir sakereisigers of paartjies wat op soek is na 'n rustige toevlugsoord.

Dié eiendom beskik oor 10 ruim woonstelle wat elk 2 gaste akkommodeer en spog met 'n aparte ingang en privaat balkon. Die woonstelle is ingerig met koningingrootte-beddens, terwyl die en suite-badkamers met storte toegerus is. Bykomende geriewe sluit toiletware asook kwaliteit linne en handdoeke in.

Elke woonstel het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, induksiestoofplaat, ketel en mikrogolf. Breekware, eetgerei, potte, panne, koffie- en teemaakgeriewe, vars melk en beskuitjies is ook beskikbaar. Daar is ook 'n TV met DStv, gemaklike rusbank, kluis en werkstasie in elke woonstel. Gaste kry ook gratis WiFi en parkeerplek agter 'n elektriese heining wat met 'n alarmstelsel en kringtelevisiekameras beveilig is.

Vir diegene wat buitemuurse doendinge soek, kan gaste die heksleutel na die Moreletaspruit aanvra vir 'n ontspanne wandeling of draf langs die rivier.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Bouvardia-laan 24, Lynnwood Ridge, Pretoria, 0081, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bouvardia-laan 24, Lynnwood Ridge, Pretoria, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA828f6bd371c3b2563fcb8dc26b22ddbef39822d57994f4fe8824cde30b7c0f7a3bfb6a9bcb80609176678c7b7830bebc9b1a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 24 Bouvardia Avenue Lynnwood Ridge 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.7631466 28.2884966

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang