Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp

Kampeer/karavaan

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Dick D
Kort verblyf
5.0
Jan 2025

Absoluut fantasties! Saam met my seun en dogter het ek vir 3 nagte op die plaas gekamp. Dit was 'n fantastiese ervaring. Die plaas is pragtig tussen die berge geleë, die kampeerveld is geleë op 'n dam waar baie voëls is. Die familie van die plaas is besonder gasvry en behulpsaam. Op ons versoek het die dogter ons in 'n 4×4 rondgery en ons baie vertel. Ons is toegelaat om vrylik deur hierdie pragtige area te stap, ook na die hoogste punt van die plaas vanwaar jy 'n manjifieke uitsig oor die plaas het teen sonsondergang. Dit was baie warm toe ons daar was en die swembad, mooi skoon met goed gefiltreerde water, het verkoeling gebring. Saans het ons gebraai met vleis wat ons van die plaas af kon kry. Beslis die beste skaapvleis wat ek nog ooit geëet het. Dit was jammer dat ons na 3 nagte weer moes gaan, maar as ek ooit weer naby dit kom, sal ek beslis weer soontoe gaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jonel
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Baie dankie vir dit, julle was so vriendelik en ons hoop om julle weer hier te sien! Groetnis!

Luhandre L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Great stay. Great stay, clean. There is a nice pool and a lot of privacy.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jan-heinrich N
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2024

Rustig, lekker, goeie geriewe, gemaklik. Ons het baie lekker gebly en sal weer kom, mal oor die lekker kuier area en al die geriewe. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jonel
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Dankie! Kom gerus weer!

Heinz G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Quiet, peaceful, nice to be off grid, friendly staff. It was so good to get out of the city and to be able to just enjoy the surrounding mountains, the farm sounds and the night sky.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jonel
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Wow, thanks for the very nice review! Please come again.

Abel D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Perfekte wegbreek weg van alles. Doodstil in die natuur. Het dit baie geniet. Het op die gras onder bome gekamp. My twee seuntjies het die plaas en buitelewe baie geniet. Boer en sy gesin is baie gasvry. Kon sien hoe hulle die beeste melk op die plaas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Susanna O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Rustig en mooi. Ons het heerlik gekamp. Vlieë was effens oorbodig, maar dit is te verwag op 'n veeplaas. Geriewe is puik, veral die heerlike swembad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jonel
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Baie dankie vir die review, Susanna! Ja nee, vlieë kan nogal lastig raak in die natuur. Hoop jul kom weer eendag hier aan!

Louis B
1 nag Saam met vriende
4.0
Mei 2024

Karoo-lekker gekuier! Ja, ek het dit geniet. Ek het heerlike vars plaasbrood gekry en ook lekker vuurmaakhout.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Fanie V
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Mrt 2023

Rustig en stil. Vir mense wat die natuur kan waardeer is dit die plek pm te besoek. Die rustigheid en stilte is wat die plek die moeite werd maak.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jonel
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Dankie vir die resensie en gradering. Dis nie alle mense wat hou van rustigheid en stilte nie, maar die meeste wat graag grondpaaie ry, is opsoek na dit. Ons kampplek is maar net plaas en niks "fancy" nie, maar lyk my heelwat gaste wat oor die afgelope 15 jaar hier ingery het, kom terug. Elke keer het hul 'n ander belewenis en verken ons pragtige plaas al hoe meer. Kom gerus weer.

Pieter S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Nov 2023

Baie mooi plek, stil en rustig. Baie lekker blyplek, mooi ligging onder bome of lekker gras om op te kamp. Warm water aan dameskant wou nie werk nie, en opwasbak was nie mooi skoon nie, anders as dit was die ervaring baie goed. Sal definitief weer hier bly.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Jonel
Seweweekspoort Op-die-Plaas Kamp
Goeie dag, baie dankie dat julle hier gebly het. Ons besef dat baie vrouens sukkel met die gasgeyser. Ons dink nog aan 'n plan daar. As daar baie mense is, steek ons die donkie aan wat natuurlik baie baie lekkerder werk. Jammer oor die badkamers wat nie in 'n tiptop kondisie was nie, met hierdie winde kan ons nie by bly nie. Hoop regtig dat julle weer kom!

Johannes C
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Mrt 2023

Rustig en ontspanne. Goeie ligging, egte plaasatmosfeer, basiese geriewe.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Jonel Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 41

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 100 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandrivierplaas, R323, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d8c530cedd50017fd73271494069739a5d9727ed8b7252305ad53ff666915506973ec4c079305f0643a5d6adaf4faba3668?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 Sandrivier Farm R323 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.365444 21.328639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang