Shabby Chic Beach House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Shabby Chic Beach House bied 2 selfsorgeenhede in 1 huis in Dwarskersbos en slegs 'n kort stappie vanaf die strand.
Dié dubbelverdiepinghuis bied gaste die keuse tussen die Shabby-eenheid met slaapplek vir 4, of die Chic-eenheid met slaapplek vir 6. Die eenhede kan afsonderlik of as geheel bespreek word aangesien hulle met 'n gang en deur verbind word op die boonste verdieping. Let dat die eenhede slegs as 'n enkele eenheid bespreek kan word vir die Paas- en Feeseisoen.
Die Shabby-eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 'n dakkamer wat 2 badkamers deel. Die Chic-eenheid het 3 slaapkamers. Twee van die kamers en 1 van die 2 badkamers is op die boonste vloer.
Elke een van die eenhede het 'n oopplan-kombuis en 'n braai-area op die grondvloer. Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof en 'n yskas toegerus. Elke eenheid het ook 'n sitkamer met 'n TV met DSTV. Wi-fi is ook beskikbaar.
Die huis het 'n gemeenskaplike dek met braaigeriewe en see-uitsigte en elke eenheid het aparte toegang tot die dek. Gaste moet asb. hul eie braaihout saambring. 'n Buite warm-en-koue-stort is beskikbaar. Parkeerplek vir een voertuig per eenheid is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar en daar is 'n alarmstelsel in die huis. Daar is oorgenoeg parkering vir ekstra voertuie langs die huis.
Die veilige lang strand kan deur vakansiegangers geniet word. Daar is baie restaurante en ander aktiwiteite naby soos bootritte, Rocherpan en visvang. Vra gerus vir voorstelle en idees wat om te doen.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 34
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Shabby Chic Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang