Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shabby Chic Beach House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Shabby Chic Beach House bied 2 selfsorgeenhede in 1 huis in Dwarskersbos en is net 'n entjie se stap vanaf die strand.

Gaste kan die Shabby-eenheid met slaapplek vir 4 of die Chic-eenheid met slaapplek vir 6 saam of afsonderlik bespreek, en die eenhede word deur 'n gang en 'n deur op die boonste verdieping verbind. Let asb. dat die eenhede slegs as 'n enkele eenheid gedurende Paasfees en die Feesseisoen beskikbaar is.

Die Shabby-eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer en 2 badkamers wat gedeel word. Die Chic-eenheid beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 op die boonste verdieping is. Gaste deel 2 badkamers waarvan 1 op die boonste verdieping is.

Elkeen van die eenhede het 'n oopplan-kombuis en 'n braai-area op die grondverdieping. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser en 'n yskas toegerus. Elke eenheid het ook 'n sitarea met 'n TV en DStv. Gratis WiFi is beskikbaar en bly tydens kragonderbrekings aan.

Die huis het 'n gemeenskaplike dek met braaigeriewe en elke eenheid het aparte toegang tot die dek. Gaste moet asb. hul eie braaihout saambring. 'n Buitestort met warm en koue water is ook beskikbaar. Parkeerplek is vir 1 voertuig per eenheid in die toesluitmotorhuis beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel. Daar is meer parkeerplek langs die huis.

Gaste kan op die strand gaan stap en daar is verskeie restaurante en aktiwiteite soos bootritte, die Rocherpan-natuurreservaat en visvang in die area. Vra die eienaars gerus vir voorstelle vir aktiwiteite.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ayesha Petroeng N
Besigheidsreis
5.0
We appreciate the way our employees are treated. Landlord is very professional and outstanding on cleanliness.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Nicolette S
Saam met vriende
5.0
Fantasties lekker. Huiseienaar, Elle, het ons baie vriendelik verwelkom en oor die naweek gevra of ons tevrede is of nog iets nodig het. Ons was ook b...
Sien meer
Mei 2023
Sune H
Gesin met tieners
5.0
Naby see, gerieflik vir groot familie. Dit was heerlik. Ons was verbaas hoe groot die plek was en dit was so gerieflik.
Mrt 2023
Hanno V
Gesin met tieners
5.0
Heerlike kuier by die see in 'n goed geleë, volledig toegeruste strandhuis. Ons het heerlik gekuier en gebraai op die pragtige stoep wat oor die see k...
Sien meer
Jan 2023
Alwyn C
Saam met lewensmaat
4.6
Fantasties, netjies, skoon, goed toegerus. Beide Elle en Christiaan het besoek kom aflê en was wonderlik. Baie behulpsaam met alles en hulle het regti...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 36

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shabby Chic Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac06f4b8faaa69177cbc792fa58d6b5f1ba062ad1165668ffede99140441d554be0a2b4f0a46d64132ba4828bafbb655a42b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 Botterblom Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -32.701752045696 18.22123152234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang