Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shabby Chic Beach House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Shabby Chic Beach House bied 2 selfsorgeenhede in 1 huis in Dwarskersbos en slegs 'n kort stappie vanaf die strand.

Dié dubbelverdiepinghuis bied gaste die keuse tussen die Shabby-eenheid met slaapplek vir 4, of die Chic-eenheid met slaapplek vir 6. Die eenhede kan afsonderlik of as geheel bespreek word aangesien hulle met 'n gang en deur verbind word op die boonste verdieping. Let dat die eenhede slegs as 'n enkele eenheid bespreek kan word vir die Paas- en Feeseisoen.

Die Shabby-eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 'n dakkamer wat 2 badkamers deel. Die Chic-eenheid het 3 slaapkamers. Twee van die kamers en 1 van die 2 badkamers is op die boonste vloer.

Elke een van die eenhede het 'n oopplan-kombuis en 'n braai-area op die grondvloer. Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof en 'n yskas toegerus. Elke eenheid het ook 'n sitkamer met 'n TV met DSTV. Wi-fi is ook beskikbaar.

Die huis het 'n gemeenskaplike dek met braaigeriewe en see-uitsigte en elke eenheid het aparte toegang tot die dek. Gaste moet asb. hul eie braaihout saambring. 'n Buite warm-en-koue-stort is beskikbaar. Parkeerplek vir een voertuig per eenheid is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar en daar is 'n alarmstelsel in die huis. Daar is oorgenoeg parkering vir ekstra voertuie langs die huis.

Die veilige lang strand kan deur vakansiegangers geniet word. Daar is baie restaurante en ander aktiwiteite naby soos bootritte, Rocherpan en visvang. Vra gerus vir voorstelle en idees wat om te doen.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ayesha N
Besigheidsreis
5.0
We appreciate the way our employees are treated. Landlord is very professional and outstanding on cleanliness.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Nicolette S
Saam met vriende
5.0
Fantasties lekker. Huiseienaar, Elle, het ons baie vriendelik verwelkom en oor die naweek gevra of ons tevrede is of nog iets nodig het. Ons was ook b...
Sien meer
Mei 2023
Sune H
Gesin met tieners
5.0
Naby see, gerieflik vir groot familie. Dit was heerlik. Ons was verbaas hoe groot die plek was en dit was so gerieflik.
Mrt 2023
Hanno V
Gesin met tieners
5.0
Heerlike kuier by die see in 'n goed geleë, volledig toegeruste strandhuis. Ons het heerlik gekuier en gebraai op die pragtige stoep wat oor die see k...
Sien meer
Jan 2023
Alwyn C
Saam met lewensmaat
4.6
Fantasties, netjies, skoon, goed toegerus. Beide Elle en Christiaan het besoek kom aflê en was wonderlik. Baie behulpsaam met alles en hulle het regti...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shabby Chic Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22df0e068b353f5cca0a3eb98c1296e60fd75fcbef0f6a54819d62efac7cb278ef3137d74d2be48c09613f968ecbb076414a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 Botterblom Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -32.701752045696 18.22123152234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang