Clarens Shady Oak
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roosstraat 287, Clarens, 9700, Vrystaat
- Vanaf R4 900 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Clarens Shady Oak is 'n lieflike huis vir 'n gesinsvakansie in die hartjie van Clarens. Die eenheid is 50 m van die dorpsplein af.
Dié vakansiehuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2,5 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank. Drie van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Daar is ook 'n kaggel in die kamer en 'n privaat stoep met 'n uitsig oor die tuin. Die tweede slaapkamer sluit aan by die hoofslaapkamer met 'n tussendeur. Dit is dus perfek vir 'n gesin. As die deur tussen hierdie twee kamers toe gehou word, is daar nog 'n ingang van buite na die hoofslaapkamer.
Die tweede badkamer het 'n toilet, bad en 'n stort. Daar is ook 'n aparte toilet reg langs die badkamer.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. Die kombuis lei na 'n kamer met 'n kaggel en stoele en 'n groot oopplan-leefarea en -eetarea. Die leefarea het 'n sitkamerstel, dubbelslaapbank, kaggel en 'n klein kroegarea. Die eetkamer het 'n groot houttafel en stoele vir 10 gaste. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die skuifdeure in die eetkamer lei na 'n groot houtdek waar gaste kan braai en die uitsig oor berg Horeb kan bewonder. Daar is ook 'n tafel en stoele. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 6 voertuie, waarvan 3 parkeerplekke onderdak is.
Dié huis is naby die Clarens-dorpsplein en dus kan dié bekoorlike dorpie se winkels en restaurante maklik bereik word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Landi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Roosstraat 287, Clarens, 9700, Vrystaat
- Gaste dink Clarens Shady Oak het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roosstraat 287, Clarens, 9700, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang