Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clarens Shady Oak

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 287, Clarens, 9700, Vrystaat
  • Vanaf R4 900 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Clarens Shady Oak is 'n lieflike huis vir 'n gesinsvakansie in die hartjie van Clarens. Die eenheid is 50 m van die dorpsplein af.

Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2,5 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank. Drie van die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het 'n koniningrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, en toilet. Daar is ook 'n kaggel in die kamer en 'n privaat stoepie met 'n uitsig oor die tuin. Die tweede slaapkamer skakel aan die hoofslaapkamer met 'n tussendeur. Dit is dus perfek vir 'n gesin. Indien die deur tussen hierdie twee kamers toe gehou word, is daar 'n ander ingang van buite af na die hoofslaapkamer.

Die tweede badkamer het 'n toilet, bad en 'n stort. Daar is ook 'n aparte toilet reg langs die badkamer.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n vertrek met 'n kaggel en stoele en 'n groot oopplan-leef- en -eetarea. Die leefarea het 'n sitkamerstel, dubbelslaapbank, kaggel en 'n klein kroegarea. Die eetkamer het 'n groot houttafel en stoele vir 10 gaste. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die skuifdeure by die eetkamer lei na 'n groot houtdek waar gaste kan braai en die uitsig oor Mount Horeb kan bewonder. Daar is ook 'n tafel en stoele. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 6 voertuie, waarvan 3 parkeerplekke onderdak is.

Hierdie huis is naby die Clarens-dorpsplein en dus kan hierdie bekoorlike dorpie se winkels en restaurante maklik bereik word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Clarens Shady Oak
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Landi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Roosstraat 287, Clarens, 9700, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens Shady Oak het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roosstraat 287, Clarens, 9700, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5dcc70d9549458af55c8f6e74e7b4e3e248ffca5a511dba4d85739f246d09bf751771e2946a70bfe6e7498a67eea583f33ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag, vir 10 mense 1 5 1 5 287 Roos Street Clarens 9700 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.516235663417 28.420821690807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang