Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shamba Yetu Mountain Lodge

  • Kapasiteit: 38 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeuwpoort Plaas, Rustenburg, 0300, Noordwes
  • Vanaf R300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Shamba Yetu Mountain Lodge is op 'n plaas langs die R24 tussen Magaliesburg en Rustenburg geleë. Die lodge bied 'n uitsig op die Magaliesberge en is 'n idilliese wegbreekplek waar gaste wild, voëllewe, pragtige uitsigte en die natuurskoon kan aanskou.

Verblyf is beskikbaar in 2 goed toegeruste selfsorg-eenhede met slaapplek vir 4 volwassenes, 2 tente met slaapplek vir 2 of 4 gaste, karavaanstaanplekke met slaapplek vir 4 gaste en 'n 4x4 Boskamp. Vir die selfsorg-eenhede word linne en handdoeke voorsien. Die eenhede is apart en privaat en elkeen het sy eie plonspoel, braaigeriewe en vuurmaakplek. Die eenhede het elk 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die eenhede word daagliks skoongemaak. 'n Privaat sjef is op aanvraag en indien vooraf gereël beskikbaar.

Tent 1 het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en tent 2 het 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuisie. Die karavaanstaanplekke het hul eie braaigeriewe, ligte en watertoevoer. Gaste het toegang tot ablusiegeriewe met storte, toilette en wasbakke. 'n Opwas-area is beskikbaar by die ablusiegebou.

Die 4x4 Boskamp is ongeveer 2 km vanaf die ander kampplekke en selfsorgeenhede. Hiérdie is die ideale plek vir diegene wat van kamp hou. 'n Puttoilet word voorsien, maar niks anders is beskikbaar nie. Gaste word versoek om hul eie karavaan of kampgereedskap te bring. 'n 4x4 voertuig is nodig om hier uit te kom. Geen water en elektrisiteit word hier voorsien nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Erika V
Gesin met tieners
5.0
Pragtige plekkie! Die plekkies was mooi uitgelê, skoon en netjies. Als tot die kleinste detail. Ons was hoflik ontvang deur Elrica, sy was altyd beski...
Sien meer
Nov 2024
Christo E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en stil! Vir 'n paar dae vergeet jy van die stadsgejaag! Verblyf was puik. Baie rustig en die tent was ten volle toegerus met alles wat on...
Sien meer
Nov 2024
Paul T
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Een het baie lekker geblu.
Sep 2024
Frances R
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het lekker gerus by Shamba Yetu. Ideale plek om heen te gaan vir gesinstyd. Sielsrustig en lekker gesinstyd.
Sep 2024
Travellingtee :
5.0
Peaceful and serene. We had a wonderful weekend at Shamba Yetu Mountain Lodge! Tent 1 is well equipped and looks out onto such beautifu...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Enrica Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Leeuwpoort Plaas, Rustenburg, 0300, Noordwes
  • Gaste dink Shamba Yetu Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Rustenburg Noordwes
Vanaf
Vanaf R 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeuwpoort Plaas, Rustenburg, 0300, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAW4UunbBDX1riREjG4zXyfpo1Bza4J8PHysjzcYGV0DImo7polY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag (plek vir 4) 61 5 1 5 Farm Leeuwpoort Rustenburg 0300 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.87649 27.28698

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang