Shamwari Explorer Camp
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 12:00 tot 13:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Langs die R342, 9 km vanaf Paterson, 6130, Oos-Kaap
- Vanaf R14 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shamwari Explorer Camp in die Shamwari Privaat Wildreservaat bied tentverblyf wat alle etes insluit in die Oos-Kaap. Die reservaat is die tuiste van Afrika se Groot 5 en is malariavry.
Dié avontuurkamp bied 'n outentieke safari-ervaring waar gaste bedags te voet reis en snags in die gemak van 'n bostent langs die kampvuur slaap. Die verblyf bestaan uit 3 seiltente met slaapplek vir 2 volwassenes elk. Die tente het elk 2 enkelbeddens en 'n privaat stort wat met sonkrag werk. Elke tent het 'n LED-liggie om in die aand te gebruik, insekweermiddel, seep en sjampoe.
Alle maaltye word ingesluit en word om die kampvuur of in die etenstent bedien. Die kamp spog met 'n rotspoel en 'n buitestort.
Gaste kan staproetes deur die wildreservaat geniet saam met 'n gids wat die ervaring verryk met interessante feite oor die voëls, en die area se kulturele en natuurlike geskiedenis. Gaste sal ook dan 'n geleentheid hê om die Groot 5 raak te sien.
Shamwari Explorer Camp is 'n seisoenale instansie wat slegs tussen Oktober en Mei beskikbaar is. Gaste kan slegs op 'n Dinsdag of Vrydag inklok en die minimumverblyftydperk is 2 nagte.
Ligging
- Shamwari Privaat Wildreservaat, Langs die R342, 9 km vanaf Paterson, 6130, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Greater Addo Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 12:00 tot 13:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Langs die R342, 9 km vanaf Paterson, 6130, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang