Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shamwari Long Lee Manor

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
  • Vanaf R28 960 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Shamwari Long Lee Manor bied Edwardiaanse styl-verblyf wat alles insluit in Shamwari Privaat Wildreservaat. Die reservaat is die tuiste van die Groot 5 en is in 'n malaria-vrye gebied in die Oos-Kaap.

Verblyf word in verskeie luukse eenhede gebied. Elke suite het ’n koninggrootte-bed en en suite-badkamer met ’n stort en 'n bad. Party suites het tussendeure. Elke suite het lugversorging, 'n TV met sekere satellietkanale, 'n elektroniese kluis, Nespresso-koffiemasjien, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, en ander luukshede.

Ontbyt en ander heerlike fynproewersmaaltye word ingesluit en word in die hoofeetarea bedien. Dié area het ook 'n kroeg met genoegsame voorraad. Die hoofarea van die lodge het WiFi, 'n fiksheidsentrum, 'n gesondheidsentrum wat masserings en skoonheidsbehandelinge bied, 'n boetiek-geskenkewinkel, 'n gesellige sitarea, 'n randvloerswembad en 'n boma met 'n uitsig oor die watergat waar verskeie diere dikwels wei.

Daar is 'n kinderklub met toesig. Verblyf sluit ook 2 wildritte met 'n kundige gids in en gaste sal híer insiggewende inligting oor die fauna en flora ontvang.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Ligging

  • Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Greater Addo Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 28 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 28 960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9632765e8f41935611507fa48906d444b13a09971f7a162a884627c2dcbfa915a075233c4b536ef5983e5fc17fc8c44dc457?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R28 960 per nag, vir 2 mense Shamwari Private Game Reserve Paterson 6130 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-17:00 11:00 -33.466212742781 26.050051105263

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang