Shamwari Sarili
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
- Vanaf R210 000 per nag (plek vir 10)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Shamwari Sarili bied verblyf wat alles insluit in die Shamwari Privaat Wildreservaat. Die reservaat in die Oos-Kaap is die tuiste van Afrika se Groot 5 en dis 'n malaria-vrye omgewing.
Verblyf by Shamwari Sarili beskik oor 5 grasdaksuites met slaapplek vir 2 gaste elk. Elke suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met ondervloerse verhitting, 'n bad en 'n stort. Daar is ook lugversorging, 'n elektriese kluis, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër en ander geriewe in die kamer.
Ontbyt en ander maaltye is ingesluit en word in die hoofeetarea of op die dek buite wat oor die Boesmansrivier kyk bedien. Die lodge het ook WiFi, 'n ontspanningsarea, spa-behandelings, 'n dek met 'n swembad, kroeg met voorraad, boetiekgeskenkwinkel en 'n kindersentrum met aktiwiteite.
Twee wildritte waartydens die wildbewaarder waardevolle inligting oor die fauna en flaura gaan deel word ingesluit by die tarief.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering: