Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shangri la 408

Spesiale Aanbod 40% af

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Des 2024 tot 13 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-weg 7, Shangri la 408, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 R570 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Shangri la 408 is 'n selfsorg-eenheid in die gewilde kusdorpie Doonside, sowat 30 km suidwes van Durban tussen Amanzimtoti en Illovo.

Dié eenheid is gerieflik gemeubileer vir 'n gesin van 6 en beskik oor 2 slaapkamers en 2 moderne badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot die tweede badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n gemaklike slaapbank vir 2 ekstra gaste.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye by die toonbank met sitplek vir 4 geniet of in die sitarea op die gemaklike rusbank voor die TV ontspan. Gaste kan gebruik maak van die gratis WiFi. Die sitarea en die hoofslaapkamer spog met uitsigte oor die see.

Shangri la beskik oor veilige kelderparkeerplek vir een voertuig en 3 hysbakke wat, te danke aan 'n kragopwekker, ook tydens kragonderbrekings werk. Die kompleks het 'n winkel en wegneemete-restaurant met daaglikse spesiale aanbiedinge teen baie bekostigbare pryse. Strandstoele, -sambrele en -waentjies is ook by die winkel te huur. Gaste kan van die gemeenskaplike braaigeriewe, groot swembad of die klein swembad vir kinders, piekniekarea, en speelarea gebruik maak.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Paul N
Gesin met tieners
5.0
Die verblyf was uitstekend, die strande is mooi skoon en oop, winkels naby. Die woonstel was netjies, ten volle toegerus en in 'n veilige kompleks met...
Sien meer
Sep 2024
Riana V
5.0
N heerlike plekkie om in te ontspan. Gemaklike banke. Voel soos huis. Wat n lieflike woonstel. Netjies en keurig. Als wat n mens nodig het. Onthou net...
Sien meer
Jul 2024
Thami N
Saam met lewensmaat
5.0
Calming, relaxing and safe. I was positively impressed, clean and safe space.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Riaan W
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker rus met 'n mooi uitsig. Ons het baie lekker gebly. Baie netjiese eenheid en vriendelike, behulpsame personeel.
Jul 2024
Fanie B
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het baie lekker gebly en die uitsig is pragtig. Alles was wonderlik.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jaco Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Lagoon-weg 7, Shangri la 408, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Shangri la 408 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R570
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
R950 R570
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-weg 7, Shangri la 408, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8952e128356ff9ce09e14cfd94b9972ac87986578511006434d854812a3d4c9c9b54de571b7948817c30e1f5534a66f6c3d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R570 per nag (plek vir 6) 61 5 1 5 7 Lagoon Road Shangri la 408 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.073924408876 30.872532203705

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang