Sharwimbo River Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 50 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: C49, 25 km suid van Kongola, Kongola, 0000, Zambezi
- Vanaf R680 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sharwimbo River Camp is op die oewer van die Kwandorivier wat Botswana en Namibië skei in die Caprivi-streek. Dit bied gehalteverblyf aan 'n avontuurlustige gesin of groep vriende en is 25 km suid van Kongola.
Die verblyf beskik oor 15 rivierchalets en 6 kampeerplekke. Die chalets het elkeen 2 driekwartbeddens met muskietnette, 2 kampbedjies vir kinders op versoek, 12V-sonkragligte, 'n en suite-badkamer met 'n warmwaterstort en 'n toilet, 'n kombuisie met 'n stoof, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware en 'n opwaskamer.
Die kampeerplekke het hul eie braaiplekke, 'n piekniekbankie, kraan en 'n gemeenskaplike ablusieblok met warmwaterstorte, toilette en 12V-sonkragligte. Daar is 'n gemeenskaplike opwaskamer.
Gaste kan op die chalets se stoepe, onder skadubome of by een van die lieflike swembaddens ontspan.
Gaste is ook welkom om 'n wildrit of bootvaart by ontvangs te bespreek.
Troeteldiere word nie toegelaat nie, a.g.v. die natuur en voëllewe in en om die kamp.
Die kamp is op die olifant-migrasieroetes geleë en die omgewing het baie wild. Die bootvaarte op die Kwandorivier is baie gewild.
Ligging
- C49, 25 km suid van Kongola, Kongola, 0000, Zambezi
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: C49, 25 km suid van Kongola, Kongola, 0000, Zambezi
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang