Shelbourne Lodge
Kry 25% af. Geldig vir verblyf vanaf 16 Feb 2025 tot 31 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shelbourne-laan 29, La Lucia, Umhlanga Rocks, 4051, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 600R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shelbourne Lodge is in die spoggerige woonbuurt La Lucia in Umhlanga geleë. Dié lodge is anders as 'n tradisionele B&B en het 'n moderne kinkel. Dit is geskik vir beide vakansiegangers en sakereisigers.
Verblyf word aangebied in 5 ruim eenhede met lugversorging. Elke eenheid is smaakvol versier en bied gemaklike beddens, 'n badkamer, yskassie, kluis, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.
Ander geriewe op die perseel sluit in: 'n sprankelende swembad, braaigeriewe, veilige parkeerplek van die straat af en 'n wasgoeddiens op versoek. Die eenhede word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.
Shelbourne Lodge is minder as 15 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe af, en dis reg langsaan die nuwe sakedistrik Ridgeside, sowel as die Umhlanga Ridge en La Lucia kantoorparke. Dit is ook na aan die La Lucia-winkelsentrum, Virgin Active-gimnasium, Gateway Theatre of Shopping en die pragtige strande van Umhlanga en die Sonkus.
Die lodge bied ook maklike toegang tot die M4 en N2 wat jou sal bring tot by uShaka Marine World, Sibaya Casino and Entertainment Kingdom, verskeie topgehalte gholfbane, die Moses Mabhida- en Kings Park-stadions en die Internasionale Konferensiesentrum.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Marcus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 72
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Shelbourne-laan 29, La Lucia, Umhlanga Rocks, 4051, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shelbourne Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Shelbourne-laan 29, La Lucia, Umhlanga Rocks, 4051, KwaZulu-Natal