Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shell's Corner Cottage

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunninghill-rylaan 17, Hunters Home, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R470 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shell's Corner Cottage is in die rustige buitewyk Hunters Home in Knysna geleë. Die plaaslike voëllewe, visarende, ganse, eende en 'n besoek van bosbokke nou en dan, maak dit 'n uitstekende toevlugsoord vir gaste wat wil ontspan.

Verblyf word in 3 eenhede. Shell's Corner Cottage het slaapplek vir 2 gaste. Die ruim slaapkamer het 'n koningingrootte-bed wat met 'n donsveer-matrasoortreksel en gemaklike kussings oorgetrek is. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is betroubare WiFi, en gaste kan aanlyn YouTube of Netflix stroom. Die kothuis het 'n kombuisie wat goed toegerus is met 'n yskas, mikrogolf, elektriese braaipan, ketel en alle eetgerei. Gaste kan lekker by die braai-area buite kuier en eet.

Knysna Holiday House het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n bababed en 'n matras vir kinders. Nog 2 gaste kan op die dubbelslaapbank in die leefarea slaap. Die tweede slaapkamer het 'n dubbel-koningingrootte-bed. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n sitarea, kaggel en 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond. Die eenheid het ook 'n TV, DStv, WiFi, Netflix, 'n stoep en 'n privaat ingang.

Knysna Budget Stay het slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en toilet. Daar is ook 'n yskassie, mikrogolfoond, 'n TV met Netflix en YouTube, WiFi en koffie- en teemaakgeriewe. Bad- en gesighanddoeke word voorsien. Die skuifdeur lei vanaf die slaapkamer na 'n houtdek waar gaste die voëlklank kan waardeer terwyl hul koffie sit en drink. Die slaapkamer kan gesluit word vir ekstra sekuriteit.

Parkeerplek is in die straat beskikbaar. Die woonbuurt is veilig en die verblyf het gewapende reaksie wat aan laserstraalekuriteit gekoppel is.

Nabygeleë aktiwiteite sluit bergfietsry, wynproe, visvang en wildritte in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 91 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Eugene D
5.0
Very pleasant and quiet. My host was very friendly and went out of her way to make my stay comfortable. She also assisted me by taking ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Karin Pete K
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely and well cared for. Very pleasant and welcoming.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Johann V
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, veilig, huislik, goed ingerig. Baie lekker gebly! Ruim genoeg, veilige area, parkeerplek buite in die straat (tog veilig), vriendelike ontva...
Sien meer
Mei 2024
Johann D
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful sleep. Best, for the price. Tasteful, clean, and friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Gregory K
Saam met vriende
5.0
A perfect affordable place to stay a night. We had a wonderful stay. The host was very friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Sunninghill-rylaan 17, Hunters Home, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shell's Corner Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 470
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 470
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunninghill-rylaan 17, Hunters Home, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa185dff1139b975ab75eba84250123146f11504e38dc74ed0a2d1c688fa27417e40bd3c81bd62b63cf22beb8f548b99c796c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R470 per nag (plek vir 2) 91 5 1 5 17 Sunninghill Drive Hunters Home 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.05301 23.08101

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang