Shelly Shores
Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 980, Shelly-strand, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 800R1 440 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Shelly Shores is 'n bekoorlike selfsorghuis wat in die idilliese kusdorpie Shelley Beach in Margate geleë is. Dit is perfek vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige ontsnapping en dit is slegs 400 m vanaf St. Michael's-on-Sea swemstrand en 10 km vanaf die Shelly Beach Ski Boat-basis.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Die tweede badkamer het 'n gedeelde badkamer met 'n toilet, stort, bad en 'n wasbak.
Die leefarea beskik oor 'n oopplan-sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep, wat met 'n asemrowende see-uitsig spog. Gaste kan die swembad of 'n piekniek in die tuin geniet of op die gemaklike buitemeubels ontspan. Daar is ook 'n tafeltennistafel en 'n veerpyltjiebord.
'n Groot betonblad op die perseel is ideaal om bote en sleepwaens te parkeer.
Hierdie huis het 'n rusgteunwaterstelsel indien daar wateronderbrekings is.
Die eiendom is naby winkelsentrums en restaurante. Avontuurlustige gaste kan aktiwiteite soos branderplankrylesse, visvang, voetslaan, duik, snorkel, gholf, voëlkyk of fietsry geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
3 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Cheryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Marine-rylaan 980, Shelly-strand, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shelly Shores het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 980, Shelly-strand, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang