Sherwood Farm Cottage
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 10 persone
8 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N6, Sherwood Plaas 57 Erfdeel 3, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
- Vanaf R2 790 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Sherwood Farm Cottage is 'n knus selfsorgeenheid op 'n werkende beesplaas aan die voet van Mount Shepstone in die Oos-Kaap. Dit is ongeveer 2 km vanaf die N6-hoofroete en 28 km noord van Queenstown, dus is dit ideaal vir 'n oornagstop na of van die Oos-Kaap of Wildekus.
Hierdie eenheid bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 2 en 'n halwe slaapkamers en 2 badkamers.
Slaapkamer 1 het ' n ensuite badkamer en het 'n koning grootte bed sowel as 'n stapelbed vr 2 kinders.
Slaapkamer 2 bestaan uit twee vertrekke. Die groot kamer het 'n koning grootte bed en die ekstra vertrek het 2 enkelbeddens. Beide koninggrootte-beddens kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word. Die badkamers het elk 'n instapstort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas-vrieskas en toonbank met stoele toegerus. Die leefarea langsaan het lugversorging, gemaklike sitplek, 'n dubbelslaapbank en 'n eetarea. Daar is 'n "smart TV" met o.a. Netflix en daar is gratis WiFi.
Daar is binne- en buitebraageriewe en veilige parkeerplek op die perseel. 'n Goed omheinde erf bied die geleentheid om u hond saam tw bring. Gaste kan ook heerlik rondstap op die plaas.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderstapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Marius Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- N6, Sherwood Plaas 57 Erfdeel 3, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
- Gaste dink Sherwood Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 10 persone
8 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N6, Sherwood Plaas 57 Erfdeel 3, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang