Hazyview Bogarts Valley
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40, 42 Robusta-rylaan, Shiloh Coffee and Lifestyle Estate, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R4 995 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Hazyview Bogarts Valley is in 'n natuurlandgoed 10 km vanaf die dorpie Hazyview geleë. Die landgoed van 400 ha is die tuiste van 'n verskeidenheid wild en dit is binne 15 minute se ry van die Krugerwildtuin af.
Dié dubbelverdiepinghuis spog met panoramiese uitsigte oor die vallei met 'n unieke swembad op die dek en akkommodeer 7 in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed sowel as 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Die tweede badkamer word gedeel en het 'n stort. 'n Gastetoilet is ook beskikbaar op die dek naby die swembad.
Die oopplan-kombuis beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n toonbank met kroegstoele. Die leefarea het 'n TV, sitkamerstel asook 'n etenstafel met sitplek vir 7, en dit maak oop op die dek buite. Die huis bied 'n swembad met asemrowende uitsigte oor die omgewing, 'n ingeboude braai-area en veilige parkeerplek. 'n Lapa met 'n bosbraai is beskikbaar.
'n Kontinentale ontbyt kan teen 'n ekstra koste gereël word. 'n Bosveldbraai kan ook voorberei en bedien word. Safari's kan gereël word en alle inligting is by ontvangs beskikbaar.
Gaste kan sebras, kameelperde, 'n verskeidenheid bokspesies, die blouwildebeeste en ander diere op die landgoed gewaar. Doendinge om te geniet in die area sluit riviervlotvaart, perdry, vierwielmotorfietsry, en ziplines en gholf in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Pieter Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- R40, 42 Robusta-rylaan, Shiloh Coffee and Lifestyle Estate, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Hazyview Bogarts Valley het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40, 42 Robusta-rylaan, Shiloh Coffee and Lifestyle Estate, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang