Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shonalanga Lodge

  • Kapasiteit: 59 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: McKenziestraat 35, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Shonalanga Lodge is in privaat besit in die asemrowende vleiland-reservaat in die hartjie van St Lucia. Shonalanga Lodge word omring deur 'n reënwoud, wildernis en die warm Indiese Oseaan en dit bied gerieflike verblyf in selfsorg-eenhede.

Verblyf word aangebied in woonstelle met slaapplek vir 2 of 6 mense. Party is selfsorg of slegs verblyf. Elke eenheid het 'n kombuisie en 'n stoep met 'n buitetafel en stoele. Elke eenheid beskik ook oor 'n TV met 8 kanale en dit word daagliks skoongemaak. Gaste het toegang tot 'n wasgoeddiens, gratis WiFi by die swembad en braaigeriewe in die lapa-area. Handdoeke word nie voorsien nie, gaste moet asseblief hul eie saambring. Seep is beskikbaar op versoek en etes kan ook voorsien word op versoek.

Gaste is welkom om te ontspan langs die swembad en die kalmte van die Afrika-bos te geniet. Onderdakparkeerplek word voorsien en daar is fietse te huur. Shonalanga het 5 oop wildkyk-voertuie en die gidse is goed opgelei. Alle doendinge kan by die kantoor bespreek word en dit sluit in: bootvaarte op die St Lucia-meer, visvanguitstappies, wildritte, kultuurtoere, walviskyk, snorkel-safari's, voetslaan en seeskilpadtoere, om maar net 'n paar te noem.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.6
Diens
4.1
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Kursheeda S
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxation at its best. An incredibly amazing stay. So relaxing and affordable too. My family absolutely loved it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Sybrandt G
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi plek met baie bome en voëls en apies. Baie lekker gebly daar.
Apr 2024
Dewald K
Saam met lewensmaat
4.0
Warm, maar dankie tog vir die aircon. Was net een nag, maar baie vriendelik.
Jan 2025
Mariska D
Saam met lewensmaat
4.0
Desember-wegbreek woonstel. Die lodge is in die hoofstraat geleë by restaurante. Die eenheid beskik oor 'n yskas, mikrogolf, broodrooster, ketel en 'n...
Sien meer
Jan 2025
Cecile-mari M
Saam met lewensmaat
4.0
Professioneel en vriendelik. Lekker gebly. Die seephouer in die stort was vol seep van die vorige gaste.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Juliet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • McKenziestraat 35, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Shonalanga Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 59 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: McKenziestraat 35, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb556fb59e07df4fd9b6b8602b9b104eeaac3a7e3cb762c7af5c3616c73d246cc71ce68bb5348738d5a06699ea5bc6d8b12e4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 50 5 1 4 35 McKenzie Street St Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -28.373904911602 32.412339448929

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang