Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shondoro Mountain Retreat

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shondoro Mountain Retreat, R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Vanaf R1 085 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shondoro Mountain Retreat is in Vaalwater geleë en bied slaapplek in 3 rustieke steen- en grasdakkothuise. Die omliggende area het 'n ryk geskiedenis. Die Waterberg Meandor-roete begin hier by die algemeenste ingang tot die Waterberg plato, die Sandrivierspoort. Dit is 1 van 5 natuurlike poorte na die hinterland.

Die Rietbok-gesinskothuis het 2 slaapkamers. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-stort. Daar is 'n toegeruste buitekombuis en braai-boma.

Die Bosbok-kothuise het een slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort.

Die Klipspringer-kothuis het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-stort.

Die kothuise se kombuise is buite en volledig toegerus en elke kothuis het sy eie braai-boma.

Al die kothuise het lugversorging.

Daar is 'n natuurlike, gemeenskaplike swempoel by die kothuise wat op die berge uitkyk. Daar is ook verskeie staproetes en bergklim- en bergfietsroetes (plaaspaadjies en natuurlike roetes) vir beginners en meer ervare fietsryers. Shondoro Mountain Retreat is 'n 150 ha-bosveldplaas in die malaria-vrye Waterberge met uitstekende voëlkykgeleenthede.

Shondoro Mountain Retreat kan slegs met 'n voertuig wat 'n hoë grondvryhoogte soos 'n SUV en bakkie bereik word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Brenda C
Gesin met klein kinders
5.0
Great, wonderful and relaxing. Very nice, beautiful place between the mountains. The owners are wonderful and very sweet.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Christo V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik ontspan in die natuur, swembad 'n lafenis in die bosveld. Pragtige ligging, baie stil en skoon gerieflike verblyf.
Feb 2024
Johan B
Saam met lewensmaat
4.8
Rustig en stil. Het die verblyf baie geniet. Die rustigheid tussen die berge is baie spesiaal. Help ook dat ons hondjie welkom was.
Mrt 2024
Anli C
Saam met lewensmaat
4.6
Wegbreek na 'n stukkie hemel op aarde - Baie goed toegeruste, netjiese verblyf. Ongelooflike rustige plekkie. Verblyf was besonders netjies. Nicole wa...
Sien meer
Mrt 2024
Adele D
Saam met lewensmaat
4.4
Lafenis. Heerlik rustig en goed toegerus.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Nicole Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 78

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Shondoro Mountain Retreat, R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Gaste dink Shondoro Mountain Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 085
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 085
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shondoro Mountain Retreat, R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA66120aedaf0174b32e53fb2ac35ec9270a8eb116b693555689ba96645dc74fa658268645ebdbe39aab6dc12d9aa25548bce3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 085 per nag (plek vir 2) 78 5 1 5 Shondoro Mountain Retreat R33 0530 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.402345630282 28.17742779851

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang