Shongweni Getaway
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: B17B, Mr551 Weg, Shongweni, 3624, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Shongweni Getaway is 'n ruim selfsorghuis in die hartjie van Shongweni. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek, aangesien hierdie verblyf afgesonder is en lieflike uitsigte oor die Sterkspruitrivier bied.
Dié huis bied gerieflike slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die tweede badkamer met 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Hierdie leefarea lei na 'n onderdakhoutdek met 'n tafel en stoele, 'n kroeg met stoele en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en die uitsig oor die rivier te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- B17B, Mr551 Weg, Shongweni, 3624, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shongweni Vallei van 'n Duisend Heuwels KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: B17B, Mr551 Weg, Shongweni, 3624, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang