Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cozy Muizenberg Seaside Getaway

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 40% af

Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jul 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 216, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cozy Muizenberg Seaside Getaway bied gerieflike en knus oornagverblyf met 'n aparte ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Muizenberg tussen die see en die berg. Dit is in die hoofweg en oorkant St. James Walkway wat dit ideaal maak vir gaste wat die area wil verken.

Die knus woonstelletjie bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Linne word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n etenstafel. Daar is ook 2 sonkragligte en 2 herlaaibare LED-ligte met 'n USB-koppelpunt vir gaste om hulle selfone in die geval van beurtkrag te laai. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstelletjie lei na 'n privaat binnehof met gemaklike sitplek wat ideaal is vir 'n oggendkoffie. Daar is ook 'n buitestort vir gaste om die seesand af te spoel.

Let asb. daarop dat die woonstel langs 'n hoofweg en nabygeleë spoorlyn geleë is. Dit kan in spitstye raserig raak.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Cozy Muizenberg Seaside Getaway
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Sandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoofweg 216, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cozy Muizenberg Seaside Getaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 216, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA61756b4381fbb4872214f0f11bb97aad702b289f2f86d6667f5e89167379cd3d76723ab47f2f2e3b3af2c25518f7a0ddfd2a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 216 Main Road Muizenberg 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.1127803 18.4658802

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang