Silver Sunsets
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 10 Nov 2024 tot 30 Nov 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bay Beach-laan 67, Sunset Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 750R1 400 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Silver Sunsets bied selfsorgerblyf in Sunset Beach, 'n gewilde sweefski-strand in Kaapstad. Die verblyf is naby plaaslike winkels, koffiewinkels en restaurante geleë.
Verblyf word in 3 woonstelle gebied. Daar is 2 drieslaapkamerwoonstelle bo en 1 eenslaapkamerwoonstel op die onderste verdieping.
Drieslaapkamerwoonstel: Ocean het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die gastebadkamer het 'n stort en toilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel en die sitarea het rusbanke en 'n platskerm-TV. Dié eenheid het toegang tot die dak met meubels en gedeelde braaigeriewe.
Drieslaapkamerwoonstel: Mountain bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die badkamer is het 'n stort, bad en toilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerusDaar is ook 'n etenstafel en die sitarea het rusbanke en 'n platskerm-TV. Dié eenheid bied toegang tot 'n gedeelde balkon wat meubels en braaigeriewe het.
Woonstel: Garden het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met meubels, wat gaste direkte toegang tot die tuin bied. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank. Die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel, 'n rusbank, ekstra sitplek en 'n platskerm-TV. Dié woonstel het 'n privaat binnehof met 'n Weber-braai.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is 'n gedeelde wasmasjien en droograkke vir alle gaste.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Bay Beach-laan 67, Sunset Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Milnerton Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bay Beach-laan 67, Sunset Beach, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang