Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Silver’s Rest

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Surruria-keeromstraat 4979, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Silver's Rest is 'n bekoorlike selfsorghuis wat stapafstand vanaf die pragtige Silver Sands-strand in Bettysbaai is. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat saam reis.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens en het plek vir 'n bababedjie. Gaste maak gebruik van 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die vyfde slaapkamer het 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl gaste in die res van die slaapkamers 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet deel. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n yskassie, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus Daar is ook 'n eiland met stoele. Dit lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV.

Daar is 'n lieflike kuierarea met 'n ingeboude braai, sitplek, 'n tennistafel, veerpyltjiebord en 'n pooltafel. Verder is daar ook 'n lieflike grasperk vir kinders om rond te speel en 'n veilige heining.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Gerdi V
5.0
Lekker wegbreek saam familie of 'n groep vriende. Baie mooi huis, naby aan die see en goed toegerus met alles wat jy nodig het. Braai area en speletji...
Sien meer
Jan 2025
Kyla S
Saam met vriende
5.0
Die plek is verskriklik mooi en by die see. Ons het 'n wonderlike tyd gehad en sal. Die plek is verskriklik mooi en by die see. Ons het 'n wonderlike ...
Sien meer
Sep 2024
Lizelle S
Saam met vriende
5.0
Fantastic. Had a fantastic weekend. Will definitely go again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Danielle R
Saam met vriende
4.8
Silver Rest akkommodasie vir alle ouderdomsgroepe. Dit het so tuis gevoel. Die naweek was baie lekker gewees. Net die krag was 'n probleem want dit wa...
Sien meer
Okt 2024
Elke C
Gesin met tieners
4.8
Comfortable family stay. Lovely setting. Great host. Thanks so much. The house on the outside is unassuming but the inside is perfect f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Daniel Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Surruria-keeromstraat 4979, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Silver’s Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Surruria-keeromstraat 4979, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA259b999814e50fea198c3e0c6cc9c56cd9002fc36f1ebc27505b20597916e3c2e2afdf6c73953bc1de5857523942e2900439?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 4979 Surruria Circle Bettys Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-23:00 11:00 -34.366467420613 18.86553673014

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang