Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Silvex

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 161 resensies

Goed

Netheid
3.6
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.8
Veiligheid
4.2
Eben B
1 nag
1.8
Aug 2024

Geen geriewe as krag af is, swak belangstelling in gaste, teleurstellend. Ongelukkig was ek baie spyt oor die gastehuis en dat ek betaal het. Dit was snerpend koud en met my aankoms moes ek hoor 'n substasie het uitgebrand so dus geen krag nie. Daar is vir my gewys die kamer het 'n buislig wat 'n noodlig is maar diè het slegs 20min gewerk en nou en dan geflikker boonop. Ek het darem met my aankoms 'n ketel warm water gekry en kon vir my 'n koffie maak teen 17h30. Ongelukkig het ek in 'n donker koue kamer gesit en nadat ek vir Louisa gebel het oor die krag probleem het hulle 'n kragopwekker aangesit 19h00. Ek het gedink goed hulle sal soos meeste gastehuise ten minste die opwekker laat loop tot ten minste 22h00 en het TV gekyk en wou my kos warm maak 20h00, maar dit is afgesit na 40min. Weer gebel en gevra hoekom is daar nie water nie, maar sy het gesê dan is daar nie want die krag is van 15h00 al af. ?. Ek het aangeneem die opwekker se petrol is klaar en het 'n halfuur gewag met die hoop dat my donker kamer sal oplig, maar na ek weer navraag gedoen het is ek meegedeel hulle het dit afgesit want 'blykbaar' is die tegnikuste op toneel en gaan die substasie wat ontplof het reggemaak work, heel onwaarskynlik want waar kry jy parte op 'n Vrydagaand en daar was 'n munisipale werker in die ontploffing, dus sekerlik moes DoL sou ondersoek moes las? Dus moes ek in 'n yskoue kamer met my selfoonlig oor die weg kom met geen warm water, inteendeel geen water omdat water slegs loop op die drukpomp, geen manier om my kos warm te maak nie, geen verhitter wat ek kon aansit nie en geen TV nie. Ek het dus betaal vir WiFi (wat sporadies) afgegeaan het en 'n pikdonker kamer! Daar was op geen tydstip verskoning gevra vanaf Louisa nie ek dink inteendeel dit pla haar nie. Ek het die vorige ratings gaan oplees en dit is 'n konstante probleem hier dat krag afgaan buite beurtkrag ook, waarom sou hulle dan nie voorsiening maak nie? Hulle soek net die inkomste? Dinge sou ietwat aanvaarbaar wees as hulle die kragopwekker kon aanhou tot 22h00 dat mens dan kan gaan slaap en 'n basiese benodigheid soos lopende water kon hê vir die geld wat mens betaal. Gas geysers - nie iets waarvan hulle weet en kon implementeer die laaste paar jaar van sukkel nie? 'n Ordentlike tafel waarop al hulle eetgerei kan staan en nie van die kooktoestelle op die kamervloer hoef te stoor nie. 'n Gasstoof is nog 'n toestel wat hulle kon aanbied. Ou meubels waarvan die een bedkassie geen laaie het nie. Soos vernoem is geen hulp of verskoning aangebied nie, ek sou skaam kry om so plek te bedryf en wat nog adverteer! Ek sal hierdie plek geensins aanbeveel nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Hendrik B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2022

Nice place for an overnight. The place was clean and the staff friendly. Nice place to overnight.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lynette S
1 nag Saam met vriende
5.0
Apr 2022

Gasvry en bekostigbaar. Honde blaf snags. Baie moeilik om lekker te slaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jannie A
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2022

Gerieflike, skoon, bekostigbare akkommodasie met vriendelike diens. Dankie aan Silvex bestuur wat bereid is om die ekstra stappie te vat met hul kliëntediens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan V
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Apr 2022

Silvex is geleë aan die buitewyke van Piet Retief en is 'n aangename plek om te oornag, maar die beddens het aandag nodig. Matrasse is uitgewerk en ongemaklik om op te slaap. Die plastiek toiletsitplek is gebreek.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

James C
1 nag Besigheidsreis
4.2
Jun 2022

Nice. Weather too cold and many time load shedding in this city.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Natanya G
Kort verblyf Gesin met tieners
3.0
Des 2022

Familiekuier, baie teleurgesteld. Met ons aankoms was ons gegroet deur die skoonmaker en hy het ons kamersleutels gegee. Ons kon nie kosmaak nie omrede daar geen potte of panne was nie. Daar was wel 'n bak wat ons kon gebruik in die mikrogolf maar ek moes etes in sarsies maak. Daar was ook nie op skeplepels nie en moes sukkel met 'n eetlepel om op te skep. Ek moes vra vir 'n skerp mes omdat daar net bottermesse was. Net 2 glase vir 'n kamer van 4. Die kamer kon nie sluit van binne af nie. Die stoeplig het heelnag deur die gordyne geskyn en dit het steeds die kamer lig gemaak wat veroorsaak het dat ons nie 'n goeie nagrus kon kry nie. Die matrasse is uitgelê en hol, waar die ander die springs jou steek. Die kamer het ook soos muf geruik na die reën. Ek het ook 'n paar klein kokkerotte doodgemaak. Die wasbak buite het geen warm water om skottelgoed te was nie en ons moes die ketel kook vir was water. Die eienaars het darem kom groet na ons 'n uur daar was en die tye genoem van hulle beurtkrag. Die stoof is op die buitestoep vir almal se gebruik maar kon dit nie van gebruik maak nie. Die swembad is baie klein en was grasgroen, my kinders kon nie eers lyf nat maak nie.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Anonieme gas
1 nag
3.0
Jun 2022

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Marion B
1 nag Gesin met tieners
3.0
Jan 2022

Skoon akkommodasie is baie belangrik vir ons. Die netheid is nie op standaard nie en die kamer het sleg geruik.

Netheid
1.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Dr Johan V
1 nag Saam met vriende
2.6
Des 2022

Nie aan te beveel nie. Silvex het dramaties agteruit gegaan. Die hele voorkoms toon dat die perseel te koop is en dat eienaars nie verder geld op die instandhouding spandeer nie.

Netheid
1.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Louisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 161

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R33, Welgekozen Plaas 514 Erfdeel 46, Piet Retief, 2380, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZlZjIyNGEyLTJhYjUtNGZjYi1hNDcxLTQxZTI0YWE4NjA0Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 161 5 1 4 R33 Welgekozen Farm 514 Portion 46 2380 Mpumalanga 021 201 8901 10:00-20:00 10:00 -26.966956981316 30.789117515087

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang