Simbavati Camp George
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Northumberland Plaas, Klaserie Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Vanaf R22 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Simbavati Camp George is 'n eksklusiewe wegbreek in die natuur en spog met 'n natuurlike tuin wat 'n oase tussen die vaal bosse van die Klaserie Privaat Natuurreservaat bied.
Verblyf is beskikbaar in 8 luukse suites met 'n uitsig oor die droë rivier wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Daar is 2 suites wat aaneen skakel en dus ideaal is vir gesinne wat saam reis. Elk van die 8 suites het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n spieëlkas, yskassie, lugversorging, dakwaaier en 'n volledige en suite-badkamer met 'n diep bad, binne- en buitestort en luukse toiletgeriewe.
Die hooflodge bied 'n sitarea met 'n kroeg, boeke en bordspeletjies en bied 'n uitsig oor die sanderige rivierbedding. Die leefarea sluit 'n kombuis, verskeie buitedekke, 'n boma en 'n groot swembad met 'n tuinuitsig in. Gaste kan hulself in die natuur verlustig en daar is ook pieknieks in die tuin tussen die koorsbome, besoeke na die watergat of 'n massering in die spa-kamers of buite op die suites se dekke wat bespreek kan word.
Die natuurreservaat is naby die Krugerwildtuin en daar is daagliks 2 wildritte, bosstaptogte en nagritte in die Klaserie Privaat Natuurreservaat wat verskeie diere soos luiperds, renosters, leeus, buffels, seekoeie, wildehonde en die skaars Sharpe's grysbok bied. Let asb. dat die wildritte tans onbeskikbaar is.
Let dat die gekwoteerde tariewe slegs vir Suid-Afrikaanse burgers is en onderhewig is aan beskikbaarheid.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Christen Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Northumberland Plaas, Klaserie Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Northumberland Plaas, Klaserie Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang