Simbavati Hilltop Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Mbali Plaas, Timbavati Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Vanaf R35 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Simbavati Hilltop Lodge is in die asemrowende, wêreldbekende Timbavati Privaat Natuurreservaat in die Krugerwildtuin-omgewing. Die reservaat beslaan meer as 12,000 hektaar ongerepte wildernis. Wildkyk is altyd 'n belewenis en daar is selfs witleeus in die reservaat.
Die verblyf bestaan uit 8 luukse safari-tente, elk met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamertent is aaneengeskakel met die hooftent via 'n gangetjie wat aan die een kant kan oopmaak en lei na 'n binnestort of 'n privaat dubbelbuitestort. Privaatheid word gewaarborg danksy die sorgvuldige uiteensetting van die tentsuites en verseker 'n onvergeetlike wegbreek.
Gaste kan die manjifieke uitsig oor die bosveld, die Nhlaralumirivier en die voorheuwels van die Drakensberge in die verte geniet. Die lodge se ligging op 'n klein koppie waarborg 'n asemrowende uitsig. Let asb. dat die suites met steil trappe bereik word en dat gaste die bestuurder vooraf van hul behoeftes moet verwittig.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Drankies ingesluit
- Middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Christen Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Mbali Plaas, Timbavati Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Mbali Plaas, Timbavati Privaat Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang