Sands Simon's Town Penthouse
Kry 30% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bayview Heights 10, Red Hill-weg, Simonstad, 7995, Wes-Kaap
-
Vanaf
R5 550R3 885 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sands Simon's Town Penthouse is in Simonstad geleë en spog met die mees asemrowende uitsig oor die warm Indiese Oseaan en Valsbaai.
Die dakwoonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond toegerus. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.
Die ruim onderdakbalkon het braaigeriewe en spog met 'n uitsig oor Valsbaai.
Simonstad is vir die pragtige strande, ryk geskiedenis en die Afrika-pikkewynkolonie bekend. Die dorpie spog met skilderagtige geboue al langs die historiese myl wat vanaf die treinstasie tot by Jubilee Square strek en is aan die voet van die berge geleë waar daar ontelbare skilderagtige staproetes is om te verken. Die hoofstraat loop al langs die kus en 'n stappie hierlangs bied skouspelagtige see-uitsigte en die kans om tussen Junie en November walvisse te sien. Langs die pad is daar uitstekende restaurante, kunsvlytmarkte en baie aktiwiteite vir kinders.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Sandra Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 205
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Bayview Heights 10, Red Hill-weg, Simonstad, 7995, Wes-Kaap
- Gaste dink Sands Simon's Town Penthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bayview Heights 10, Red Hill-weg, Simonstad, 7995, Wes-Kaap