Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Simply the Best Garden Route Accommodation

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ryk Tulbachstraat 31, Da Nova, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Simply the Best Garden Route Accommodation is in Da Nova in Mosselbaai geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf naby strande en besienswaardighede op die Tuinroete.

Verblyf word in 2 en suite-gastekamers gebied met dubbelbeddens en slaapplek vir 2 gaste elk. Elke kamer is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi toegerus. Daar is ook 'n slim-TV sodat gaste Neflix en ander TV-programme waarvoor hulle rekeninge het kan stroom.

Verblyf word ook in 'n ruim en suite-gesinskamer met slaapplek vir 2 volwassenes wat deel en 2 kinders op 'n stapelbed gebied. Die eenheid het 'n klein kombuis wat met 'n yskas, induksiestoof, mikrogolfoond en genoeg selfsorgtoerusting vir 4 gaste toegerus is. Daar is ook 'n etenshoekie met sitplek vir 4 gaste. Gaste kan op die Android Box Netflix stroom en daar is 'n skerm vir 'n DVD-speler. Gaste wat die Premium dStv-pakket het, kan al die kanale stroom. Gratis WiFi en 'n gasbraai is buite beskikbaar.

Alle gastekamers is op 'n ommuurde perseel met veilige parkeerplek geleë. Die eenhede is stapafstand vanaf 'n privaat hospitaal, 'n Spar, koffiewinkels en bekende wegneemeteplekke geleë. Hennie se beroemde partytjierestaurant is ook in dieselfde sentrum.

Aktiwiteite in die area sluit swem, perdry, Zipline, bergfietsry, wildritte, wynproe, boetiekbierproe, wildkyk en visvang in.

Kenmerke

Afrikaans
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Annelize E
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gebly! Ons het baie lekker gebly! Die plekkie was mooi, skoon en netjies. Dit het alles gehad wat ons nodig gehad het en die bed w...
Sien meer
Apr 2024
Beatrice E
5.0
Baie lekker gebly en naby winkels en eetplekke. Baie lekker gebly. Kort net nog 'n waaier in die woonplek. Verder was alles perfek.
Mrt 2024
Manfred H
Saam met lewensmaat
5.0
Eienaar is baie vriendelik en het ons laat tuis voel. Ons het baie lekker daar gebly.
Feb 2024
Susan R
5.0
Heerlik skoon en gemaklik. Die verblyf word aangebied deur pragtige mense met 'n hart van goud. Plekkie was skoon, netjies en nuut en is gerieflik nab...
Sien meer
Apr 2023
Juliana H
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig. Klein, maar cosy en bekostigbaar.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Grobbies Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Ryk Tulbachstraat 31, Da Nova, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Simply the Best Garden Route Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ryk Tulbachstraat 31, Da Nova, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44212181e82604d519886b586f2dfa69c64ee634b5f06c81e34e9df469fb7bb77c89856bd797d4941acf7b67a2ce400736e4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 31 Ryk Tulbach Street Da Nova 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.181551251487 22.127939077671

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang