Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skaapkraal

Selfsorg
Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Jan 2025 tot 2 Mrt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Skaapkraal is 'n selfsorgvakansiehuis met aparte woonstel (LamKampie) by die ikoniese Blousloep van Franskraal. Die huis straal die bekoring van 'n ou era uit en bied 'n rustige en gerieflike wegbreekplek aan gesinne en vriende. Die huis is een van die eerste huise wat in die area gebou is en het destyds nog met gas gewerk. Die huis het ‘n ryk en sentimentele geskiedenis van familie kuiers en spesiale herhinneringe.

Die huis en woonstel kan apart of saam bespreek word. Die huis bied slaapplek aan 6 gaste, maar kan 8- 10 gaste akkommodeer op versoek(4 volwassenes en 6 kinders) en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die huis se oopplan-leefarea bied gemaklike sitplek, ‘n 8 sitplek etenstafel en 'n ingeboude braai met wasbakkie langsaan. Daar is braaigeriewe agter in die tuin. Die voorstoep het ‘n asemrowende see-uitsig en daar is ‘n gemaklike “daybed” om uit te dra. Die selfsorg kombuis is ‘n heerlike kuierplek aan die agterkant van die huis waar die tuin braaigerief ook is. Daar is ‘n gas stoof/oond, skottelgoedwasser, mikrogolf en gesellige 6 sitplektafel.

Die knus selfsorg woonstel bied slaapplek aan 2 gaste. Die kamer is knap, maar is gemaklik toegerus met ‘n dubbelbed. Die oopplan-leefarea het sitplek, 'n 2 sitplek etenstafel en kombuistoonbank met wasbakkie. Verder is daar ‘n ketel, mikrogolfoond, yskas/vrieskas en enkelplaat stofie. Die woonstel is ideaal vir gaste wat slegs akkomodasie benodig om te benut as slaapplek of om saam met die huis gehuur te word vir gaste wat meer privaatheid verlang. Daar is nie ‘n TV nie., maar wel Wi-Fi Daar is nie direkte toegang tot die huis nie - dit word deur die waskamer en motorhuis geskei. (Gaste het nie toegang tot hierdie areas nie.)

Beddegoed en handdoeke word voorsien en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die eiendom maak gebruik van ‘’n self-inklokstelsel met n sleutelboksie

Die is net oorkant die straat. Blousloep is 'n ideale bestemming vir kajak vaar, roeiski en om sommer net op 'n tjoep te dryf. Skaapkraal is gerieflik naby die see gelee wat dit die die ideale bestemming vir ‘n rustige wegbreek maak.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Martelize Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 16

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skaapkraal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
R 1 200 R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 200
R 1 200 R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sea View-rylaan 67, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA841f12db05ccad2a8e660ab14b09ee9c3fc8f48488e09a81e635087dea32692100159fcdd71215e071082915b02726a743ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R900 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 67 Sea View Drive Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.6133 19.384246

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang