Skuinsle
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erdvark 3782, Malelane, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Skuinsle is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die hartjie van die bosveld in Malelane, Marlothpark. Dit is die perfekte opsie vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek buite die stad se gewoel.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 3 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die tweede badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Langs die kombuis is daar 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en bo is 'n uitkykdek met gemaklike sitplek. Daar is ook braaigeriewe en 'n plonspoel. Die huis is 2 km vanaf winkelsentrums en 2,4 km vanaf die rivier tussen Marlothpark en die Krugerwildtuin.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Erdvark 3782, Malelane, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erdvark 3782, Malelane, Marlothpark, 1321, Mpumalanga