Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skulpdraai

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 4, Saldanha, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R500 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Skulpdraai verwelkom jou by hulle vakansie-verblyf by die see met wonderskone uitsigte oor die baai. Die Suid-Atlantiese Oseaan is maar net 50 m van jou voorstoep af en hier kan jy ontwaak met die geluid van branders wat breek. Die huis is in 1955 gebou en is een van die oudstes in Saldanha.

Skulpdraai bied 5 selfsorg-eenhede wat ten volle toegerus en gemeubileerd is. Elke eenheid is baie privaat met sy eie ingang. Elke eenheid het ook sy eie kombuis wat ten volle toegerus is en 'n eetkamerarea. Die eenhede wissel van gerieflik tot luuks.

Saldanhabaai is 'n veilige hawe waar jy 'n verskeidenheid watersport kan beoefen, staproetes kan aanpak of bergfiets kan ry. Gaste kan die Weskus Fossielpark besoek en die pragtige landskap aanskou van Augustus tot September gedurende die veldblomseisoen. Saldanha het restaurante op die strandfront, 'n koffiewinkel, 'n Spar, 'n dokter en 'n apteek. Club Mykonos, Langebaan en Vredenburg is minder as 15 minute se ry van ons af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.0
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Dereck S
5.0
Dit was perfek vir wat ek benodig het, en gaan tien teen een oor 3 weke soontoe. Het elke oggend vroeg gestort, met warm water, maar laaste oggend het...
Sien meer
Aug 2024
Joleen V
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendelike ontvangs, baie behulpsaam, netjiese woonstel. Ons het inderdaad lekker gebly! Gasvrou het ons vriendelik ontvang en tuis laat voel, sy was...
Sien meer
Apr 2024
Dottie J
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend en gerieflik. Baie lekker gebly met die rustige en mooi natuuruitsig!
Mrt 2024
Dale J
Saam met vriende
5.0
Letterlik oor die pad van die see. Ons het vis gevang, gebraai en pot gemaak. Was baie lekker al was die naweek heeltemal te kort. Die eienaars is ver...
Sien meer
Feb 2024
Erika V
5.0
Oulike plekkie. Oulike plekkie, die plek lyk baie beter as die fotos op die advertensie, is 'n ster.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Santie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Strandstraat 4, Saldanha, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skulpdraai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Saldanha Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandstraat 4, Saldanha, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFkODQ2YjgxLTQ5Y2ItNDM0OS04OTExLWVmOTg3NGQyMDkwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 1 mens 51 5 1 5 4 Strand Street Saldanha 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.003822574948 17.947261333466

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang