Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skurwebank Lodge

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 7 Okt 2024 tot 28 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
  • Vanaf R500 R450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Skurwebank Lodge skuil in die hartjie van die Waterberge in Limpopo en bied lieflike oornag- en selfsorgverblyf. Dié bekoorlike verblyf is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en is net 1 km vanaf een van die hoofroetes tussen Botswana en Suid-Afrika. Dit is dus die ideale oorslaapplek vir gaste wat tussen die twee lande reis. Hierdie verblyf gebruik sonkrag vir elektrisiteit en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Gaste kan kies tussen die volgende 3 verblyf opsies;

Opsie 1
Drie Sable-kamers wat elkeen slaapplek aan 2 gaste bied met die opsie om 'n enkel bed by te voeg vir 'n 3de persoon. Elke kamer spog met 'n dubbelbed, 'n ruim klerekas en 'n knus rusbank vir ontspanning. Elk van die en suite-badkamers is goed ontwerp om te verseker dat gaste dadelik tuis voel.

Vir gaste wat verkies om hul eie maaltye te kook, het elk van die kamers 'n kombuisie wat met 'n eenplaatstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Bykomende geriewe sluit gratis WiFi en 'n selfhelp-ontbyt en versnaperingmandjie in wat gerieflik in elke eenheid voorsien word. Die 3 Sable eenhede het 'n gesamentlike braai area gerieflik geleë tussen groot bosveld bome en 'n swembad eksklusief vir Sable eenhede.

Opsie 2
Daar is ook 2 "Motel Zebra- Sleep & Go" eenhede beskikbaar, elk met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, toilet, wasbak en hangkas.

Die Zebra-eenhede is slegs vir oorslaapdoeleindes en het geen kombuis, eetgerei, yskas, braai of swemgeriewe beskikbaar nie.

Opsie 3
"Motel Rock - Sleep & Go" bestaan uit 2 groot gerieflike alleenstaande eenhede elk met koningsgrootte bed, 'n en-suite badkamer met 'n hangkas en 'n aparte toilet. Elke eenheid het 'n toegeruste klein kombuis met 'n koffie en tee stasie, klein bar yskas, eenplaatstoof, breekware, eetgerei en 'n aparte braai area. Hierdie eenhede het ongelukkig geen swemgeriewe beskikbaar nie.

Motel Rock is uniek gebou op 'n soliede klip bank en omring met klip en bome. Warm water vir die 2 eenhede word voorsien deur 'n warm water "Donkie" wat daagliks voor sonsondergang gestook word.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir alle gaste.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Skurwebank Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
  • Gaste dink Skurwebank Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf R500
R500 R450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
R500 R450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd31156e9933e9c78f857735f40f1b67630134db0dac76aaf2c6d2b470ffe8aea8c49d3eda5001354f766c1f367b1252a2e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R500 nouVanaf R450 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Off the R33 Skurwebank Farm 731 0555 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.955323377436 27.967850847321

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang