Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skurwebank Lodge

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Skurwebank Lodge is in die hartjie van die Waterberge in Limpopo geleë en bied ideale oornag- en selfsorgverblyf wat net 1 km vanaf een van die gewildste hooftoegangsroetes tussen Botswana en Suid-Afrika geleë is.

Die verblyf maak van sonkrag gebruik en word nie deur kragonderbrekings of beurtkrag geraak nie.

Daar is 3 verskillende verblyf opsies beskikbaar om van te kies.

SABLE EENHEDE
Verblyf word in 3 Sable-kamers wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het, aagebied. Elke kamer het 'n dubbelbed, 'n klerekas en 'n rusbank. Die en suite-badkamers het stort- en badgeriewe.

Verder het die kamers 'n goed toegeruste kombuisie met 'n enkelplaatstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware. Gratis WiFi en 'n selfhelp-ontbyt en versnaperingmandjie is ook beskikbaar.

MOTEL ZEBRA EENHEDE
Die 2 Motel Zebra-eenhede het elk 'n dubbel bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die Zebra-eenhede is slegs vir oornagverblyf en het geen kombuis, braai of swemgeriewe nie.

MOTEL ROCK EENHEDE
Die Motel Rock-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het elk 'n koninggrootte-bed. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet. Ander geriewe in die kamer sluit 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en basiese selfsorg en braai geriewe. Die eenhede het nie swemgeriewe nie.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annetjie V
Saam met vriende
5.0
Absoluut die moeite werd. Die fasiliteit en omgewing was absoluut uit die boonste rakke. Ons het dit geweldig geniet. Die rustigheid en kalmte is feno...
Sien meer
Sep 2024
Gerhardus B
Saam met lewensmaat
5.0
Jy mis uit as jy nog nie daar was! Alles was so mooi, lekker, skoon en gerieflik. Kon oggende saamry om wild te gaan voer. Hul gaan nog groot hoogtes ...
Sien meer
Sep 2024
René R
5.0
So lekker plek! Perfekte plek om te ontsnap van die stad se geraas. Vreeslik lekker! Beveel 100% aan. Ons sal hulle vir seker weer besoek in die toeko...
Sien meer
Sep 2024
Danie B
Gesin met klein kinders
5.0
Absolute wonderlik. Wonderlike plek met die mees gasvrye mense! Ons kinders het lekker geswem en gespeel op die gras. Ek beveel die plek aan vir enige...
Sien meer
Des 2023
Heather-lee P
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige verblyf in die bos. Perfekte plek om te gaan as jy wil ontspan. Die eienaars is baie gasvry en gaan absoluut uit hulle pad uit om jou welkom ...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
  • Gaste dink Skurwebank Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb873833ea250b4a5868908892f48a377ddbdce683e135ff81cc48739250ccd8fba5457024a1bd59aef62f71462c6d85afdd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 Off the R33 Skurwebank Farm 731 0555 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.955323377436 27.967850847321

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang