Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sky Country Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Remhoogte Plaas P91, Skeerpoort, 0232, Noordwes
  • Vanaf R500 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Sky Country Cottage is in die rustige omgewing van Skeerpoort geleë. Dit is 'n knus kothuis wat gerieflike verblyf bied met maklike toegang tot die bekende Bill Harrop Lugballonvaarte wat 'n tikkie avontuur aan enige wegbreek leen. Die bekoorlike kothuis is ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende wat op soek is na rustige verblyf.

Die oopplan-kothuis beskik oor 'n slaapkamerarea en 'n kombuisie. Die slaapkamerarea het 3 enkelbeddens wat 3 gaste kan akkommodeer. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuisie is met 'n mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis in die lapa met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasoond, eetgerei en breekware.

Veilige parkeerplek, 'n swembad en braaigeriewe is beskikbaar. Die kothuis is langs die Magaliesrivier en hierdie area bied 'n verskeidenheid buitelug-aktwiteite insluitend fietsry, stap, draf, voëlkyk en 'n prentjiemooi omgewing. Motorfietsryers kan ook die talle paadjies in die omgewing verken wat lei na 'n paar noemenswaardige besienswaardighede in die area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Andreas Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 36

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Remhoogte Plaas P91, Skeerpoort, 0232, Noordwes
  • Gaste dink Sky Country Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Remhoogte Plaas P91, Skeerpoort, 0232, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca225cfd2d255d8515b29735185b9f6eed130bc5aa1f42573cbe59d51d2ef6bdb9dd4be00c6223bff1fb3d8dcb4a1f8fa380?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 3 mense 2 5 1 5 P91 Remhoogte Farm Skeerpoort 0232 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.815988707604 27.732903521535

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang