Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skye High House & Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blue Crane-rylaan 274, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R6 200 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Skye High House & Cottage bied selfsorgverblyf in die stil dorp Dullstroom in Mpumalanga. Die hoofhuis en kothuis word as geheel bespreek.

Die hoofhuis is geskik vir 8 tot 10 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers, 'n kombuis en 'n beskutte stoep met 'n braai of kaggel. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 groot driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers het elektriese komberse, paneelverwarmers en haardroërs, en badhanddoeke word voorsien. Die huis het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, elektriese braaipan, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en 'n opwasarea toegerus.

Die kothuis is apart van die hoofhuis geleë en het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamer her 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die sitarea en 'n oopplan-kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en 'n opwasarea toegerus is.

Die kothuis het 'n groot onderdakstoep. Buitebraaigeriewe en veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar. Troeteldiere is welkom.

Doendinge in die area sluit perdry, visvang, voetslaan, voëlkyk en hengel in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Renee Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Blue Crane-rylaan 274, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Skye High House & Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 200
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 6 200
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blue Crane-rylaan 274, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA46280469a09a72c1841b784672c3715b823eb328c194bf5c8cb1f52b3b7e5aa130fcf17b8962ed56d9ba5c14f7ac71da5f2e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 200 per nag, vir 10 mense 2 5 1 5 274 Blue Crane Drive Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.414787667082 30.105871642225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang