Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Slakkepas 18

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 60, Slakkepas 18, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Slakkepas 18 bied gehalte-verblyf in 'n veilige kompleks in Dwarskersbos. Dit is sowat 10 km vanaf Velddrif en stapafstand vanaf die strand, talle doendinge en besienswaardighede.Langs die kompleks is daar 'n klein algemene handelaar met alles wat nodig is vir 'n selfsorg-vakansie.

Dié dubbelverdiepingeenheid beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, en suite-badkamer en 'n deur wat toegang bied tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, mikrogolf, klein yskas-vrieskas, 'n groot aparte yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die sitkamer het oorgenoeg sitplek en DStv Premium is ook beskikbaar.

Daar is 'n onderdakpatio met 'n ingeboude braai wat gaste kan benut.

Die eenheid is troeteldiervriendelik, mits dit vooraf gereël word. Gaste het toegang tot 2 parkeerplekke en daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1

Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Naydene G
Gesin met tieners
5.0
Ontspannend en vrek lekker. Ons as gesin het dit vreslik geniet. Defnitief sal ons terugkom daarheen.
Aug 2024
Samantha E
5.0
Die perfekte erg breek met baie gasvryheid. Dit was my droom naweek alles was perfect van Vrydag tot Sondag het ek baie lekker gebly.
Apr 2024
Manerva J
Saam met vriende
5.0
Lovely tranquil place. The host's assistance was great! The place has everything we needed. The beds sleep well, and there's plenty of ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Raymond P
Gesin met klein kinders
5.0
Ek en my gesin het die rustigheid en die pragtige plekkie baie geniet. Die veiligheid by Slakkepas 18 was een van die baie dinge waarvan ons baie geho...
Sien meer
Aug 2023
Andre V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het dit baie geniet! Ons kon ons hondjies saamvat en hulle het maklik aangepas. Lekker stoep en die plekkie is goed ingerig. Sal weer gaan besoek.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Chantel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 78

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 60, Slakkepas 18, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Slakkepas 18 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 60, Slakkepas 18, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqLSth1UYyg9HLmMSVLyPVOF8VlORAbn7aJi0tOZem9DytFWvL5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 78 5 1 5 60 Main Road Slakkepas 18 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.695124 18.233363

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang