Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Slakkepas 52

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Slakkepas 52, Dwarskersbos, Velddrift, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Slakkepas 52 is aan die Weskus geleë, omtrent 150 m van die strand af, 20 km verby die Langebaan-afdraai en Club Mykonos se casino. Dis ook net 15 minute van die Bergriviermonding af.

Slakkepas is 'n residensiële kompleks met toegangsbeheer en bied 'n lieflike selfsorgwoonstel met 2 slaapkamers, een met 'n dubbelstapelbed op die onderste vloer en die ander een met 'n dubbelbed in 'n solderkamer. Die woonstel kan 4 mense akkommodeer (beddegoed word voorsien). Daar is 'n slim-TV met DStv, Netflix en YouTube. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met eetgerei, breekware, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus.

Daar is 'n privaat houtdek waar jy kan sonbaai, asook 'n gemeenskaplike swembad en 'n klubhuis met 'n pooltafel en tafeltennis.

Daar is 'n kafee omtrent 120 m van Slakkepas 52 af wat bier en wyn verkoop. Dwarskersbos het eindelose wit strande en die see is vol robbe, dolfyne en walvisse. Daar is baie 4x4-roetes en die Klein Tafelberg 4x4-uitdaging word hier gehou.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Jacqueline D
Gesin met tieners
5.0
Baie gerieflik. Ons het baie lekker gebly, dankie.
Apr 2024
Mirrie V
Gesin met klein kinders
5.0
Wegbreek in die boonste rakke! Heerlike huisie met alles wat jy benodig en meer, kon ons klein hondjie saam neem wat 'n groot bonus was. Huis was ook ...
Sien meer
Apr 2024
Devon N
Gesin met klein kinders
5.0
Would recommend. We were very happy with our stay. Very well equipped accommodation!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Reginald J
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was net 'n lekker naweek. Ja, dit was rustig, veilig, naby 'n restaurant, Kaia, loopafstand tot see, naby Vedrif ens. Baie belangrik, hulle moet n...
Sien meer
Mrt 2024
Marelize B
Gesin met tieners
5.0
Ideale wegbreekplekkie. Lekker knus met al die nodige geriewe en toebehore. Dat ons hondekinders welkom was, is 'n hoogtepunt.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Slakkepas 52, Dwarskersbos, Velddrift, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Slakkepas 52 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Slakkepas 52, Dwarskersbos, Velddrift, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda36b719ffadf9c4f23a265ebb988307f0bef4a69ca63fd679abc02fb8e6bab1038afe266eb6a32d4f0344eeacd91fc87be8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4) 47 5 1 5 52 Slakkepas Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.694635739339 18.234588950872

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang