Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Slanghoek Mountain Resort

  • Kapasiteit: 196 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Slanghoekweg, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 6)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Slanghoek Mountain Resort skuil in die manjifieke Slanghoekvallei teen die hange van die Badsberg-bewarea, en word omring deur inheemse fynbos.

Die oord bied gaste 'n keuse van selfsorg-chalets, tente en 'n woonstel wat tussen 2 tot 5 mense kan akkommodeer, asook kampplekke vir karavane en tente.

Die selfsorg-chalets en woonstelle is ingerig met dubbelbeddens of 'n kombinasie van dubbel- en enkelbeddens, en elkeen het 'n privaat badkamer met 'n bad of 'n stort. Van die eenhede het ook dubbelslaapbanke vir kinders onder die ouderdom van 12. Elke eenheid het 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, 'n yskas, 'n ketel, 'n broodrooster, 'n mikrogolf, asook eetgerei en breekware. 'n TV met 10 kanale, insluitend M-Net en sport, word voorsien. Binne- en buitebraaigeriewe is beskikbaar vir gebruik asook buitemeubels.

Die selfsorg-safari-tente het slaapplek vir 2 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 kinders, en elke tent het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Alle tente is ingerig met 2 enkelbeddens, en sommige het ook dubbelslaapbanke. Elke tent het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n elektriese braaipan, 'n yskassie, 'n ketel, 'n broodrooster, 'n mikrogolf, asook eetgerei en breekware. Die tente het nie TV's nie, maar 'n TV is beskikbaar in die swembadarea. Buitelugbraaigeriewe, sowel as meubels, word voorsien.

Die oord bied ook 2 kamers in die hoofhuis wat elk 2 mense kan akkommodeer. Elkeen van die kamers is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. 'n Klein yskassie, sowel as 'n ketel met bekers vir koffie of tee, word voorsien.

Gerieflikheidshalwe word beddegoed en badhanddoeke voorsien vir die selfsorg-eenhede en die kamers, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Gaste kan 1 van die kampeerplekke bespreek wat karavane of tente kan akkommodeer. Elektrisiteit is beskikbaar en elke perseel het privaat ablusiegeriewe met 'n stort en toilet.

Slanghoek Mountain Resort bied 2 swembaddens, 'n oerwoudgimnasium vir kinders, asook 2 staproetes vir gaste om die oord te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 201 resensies vir Slanghoek Mountain Resort
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sakkie / Izak Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 273

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Langs Slanghoekweg, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • Gaste dink Slanghoek Mountain Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 196 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Slanghoekweg, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE2ZDMxMmE1LTExMDktNGIxYy1hZGJkLTIzZmY3NTllYjE5ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 6) 201 5 1 5 Off Slanghoek Road Rawsonville 6845 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.629396118738 19.227705001831

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang