Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Slanghoek Mountain Resort

  • Kapasiteit: 196 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Slanghoekweg, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 6)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Slanghoek Mountain Resort is in die pragtige Slanghoekvallei, teen die hange van die Badsberg-bewarea geleë en is omring deur inheemse fynbos.

Verblyf is beskikbaar in selfsorg-chalets, selfsorg-tente en 'n woonstel wat slaapplek bied aan 2 tot 5 gaste. Daar is ook kampeerplekke vir karavane en tente.

Die selfsorg-chalets en -woonstel het elk 'n dubbelbed of 'n dubbelbed en enkelbed en 'n privaat badkamer met 'n bad of stort. Van die eenhede het dubbelslaapbanke vir kinders onder 12. Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n stoof, yskas, ketel, broodrooster, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is 'n TV met 10 kanale en dit sluit M-Net en sportkanale in. Binne- en buite-braaigeriewe is beskikbaar asook stoepmeubels.

Die selfsorg-safari-tente bied slaapplek aan 2 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Al die tente het 2 enkelbeddens en van hulle het dubbelslaapbanke. Elke tent het 'n kombuisie wat met 'n elektriese braaipan, yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus is. Die tente het nie TV's nie, maar daar is 'n TV in die swembad-area. Buite-braaigeriewe en en stoepmeubels word voorsien.

Die oord bied 2 kamers in die hoofhuis met slaapplek vir 2 gaste in elk. Elke kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. 'n Yskassie en koppies vir tee of koffie word voorsien.

Linne en handdoeke word voorsien in die selfsorg-eenhede en die kamers, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Gaste kan 1 van die kampeerplekke bespreek wat geskik is vir karavane of tente. Elektrisiteit is beskikbaar en elke staanplek het 'n privaat ablusieblok met 'n stort en toilet.

Slanghoek Mountain Resort het 2 swembaddens, 'n klimraam en 2 staproetes vir gaste wat die oord wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 201 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Dilshad H
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing weekend. The best views. Loved every minute of it. Slanghoek Resort will definitely be seeing me again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Rene E
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het 'n wonderlike tyd gehad in hierdie pragtige plek! Dit was 'n baie lekker kuier. Die chalet was baie mooi en goed toegerus. Die natuurskoon is ...
Sien meer
Jun 2024
Albert V
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was ongelooflik lekker. Kamplekke was groot en ruim. Die badkamer was mooi. Dit was heerlik gewees.
Jun 2024
Shaun S
Saam met lewensmaat
5.0
'n Goeie rus vir die siel. Onverbeterlik. Die area is beeldskoon, ons het gaan hike, swem, braai, wynproe en putt putt gespeel. Die safari tente is di...
Sien meer
Mei 2024
Lee J
Gesin met tieners
5.0
Ontspannend. Ons het baie lekker gebly en die atmosfeer was rustig. Wonderlike plekkie.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sakkie / Izak Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 273

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Langs Slanghoekweg, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • Gaste dink Slanghoek Mountain Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 196 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Slanghoekweg, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE2ZDMxMmE1LTExMDktNGIxYy1hZGJkLTIzZmY3NTllYjE5ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 6) 201 5 1 5 Off Slanghoek Road Rawsonville 6845 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.629396118738 19.227705001831

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang