Smitten Guest Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 14 Plaas 226, Gelukshoop A, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Smitten Guest Cottage is 11 km buite Bonnievale op die Gelukshooppad geleë. Hierdie kothuis spog met 'n lieflike uitsig oor die omliggende vallei en op die Langberge in die verte.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 knus slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplanleefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser in die kombuis.
Die sitarea langs die kombuis het 'n L-vormige rusbank, 'n kaggel en groot vensters sodat gaste die uitsig kan bewonder. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met buitemeubels, 'n ingeboude braai en 'n houtvuurwarmbad.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Erik Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 74
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Erfdeel 14 Plaas 226, Gelukshoop A, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
- Gaste dink Smitten Guest Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 14 Plaas 226, Gelukshoop A, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap