Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Snobs Coffee Roastery and Rooms

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitenstraat 7, Trompsburg, 9913, Vrystaat
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Snobs Coffee Roastery and Rooms is in Trompsburg, net 2 minute se ry van die N1 af. Dié dorpie is 120 km suid van Bloemfontein en bied 'n gerieflike oorslaapplek tussen die Kaap en Gauteng. Omdat Snobs Coffee Roastery and Rooms die behoefte aan gehaltekoffie op die lang pad verstaan, is die eenhede op dieselfde perseel as die Solar Coffee Roastery.

Snobs Coffee Roastery and Rooms bied 2 ruim, moderne selfsorg-eenhede wat elkeen slaapplek aan 4 gaste bied. Die selfsorg-eenhede is geskik vir uiteenlopende gaste soos gesinne met kinders, paartjies of enkelreisigers. Dit is selfs troeteldiervriendelik. Die eenhede is in 'n stil deel van die dorp met 'n uitsig oor die plattelandse vlaktes.

Albei eenhede het WiFi en verskeie bordspeletjies is te huur vir die koue, reënerige Vrystaatse winters. Die eenhede kan ook saam bespreek word vir 'n familie- of sakebesoek. Elke eenheid het 'n koningingrootte-bed, 'n dagbed met beddegoed, 'n en suite-badkamer, selfsorgkombuis en sitarea.

Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Die verblyf gesinsvriendelik met oorgenoeg veilige ruimte vir kinders om te speel, asook diere, 'n klimraam en 'n sandput.

Die koffie word op die perseel gerooster en daar is verskeie lekkernye op die koffiewinkel se spyskaart.

Trompsburg het ook 'n klein winkelsentrumpie waar gaste basiese benodigdhede kan aanskaf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 185 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jonathan T
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect, comfortable, clean. Snobs was a perfect, comfortable, clean overnight stop for us with helpful and friendly owners.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Thomas V
Saam met lewensmaat
5.0
Geniet elke oomblik. Lekker atmosfeer. Ons bly gereeld by Snobs Coffee en geniet dit elke keer.
Feb 2025
John A
Saam met lewensmaat
5.0
Uiters aangenaam. Dit was nou lekker. Willem en sy span was so gasvry en vriendelik. Die lekkerste pizza ooit. En natuurlik goeie koffie.
Des 2024
Nicola V
5.0
Tranquil and charming. So lovely. All amenities are brand new. Clean, well looked after and tastefully decorated. Very welcoming hosts....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Tanja T
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf wat ons beslis weer sal gebruik maak van. Het ons verblyf baie geniet. Die eenheid is baie mooi en smaaklik gemubileer. Die hoende...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willem Dirk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 185

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Buitenstraat 7, Trompsburg, 9913, Vrystaat
  • Gaste dink Snobs Coffee Roastery and Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitenstraat 7, Trompsburg, 9913, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxwykcG0SlGkBRDPuvI7RhnjNWQ2wmJ8lQC8UsHpac8tZWNrEOo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 185 5 1 5 7 Buiten Street Trompsburg 9913 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -30.038900725658 25.779259267546

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang