Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sola Gratia

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saffierstraat 7, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sola Gratia is geleë 500m vanaf die Wilmed Park Hospitaal en Onkologie-eenheid. Daar is 'n verskeidenheid restaurante, winkelsentrums en besighede 1,5 km vanaf die instansie.

Netjiese en gerieflike verblyf word gebied in 3 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Daar is 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer in elke eenheid het 'n stort. Gehaltelinne en -handdoeke word voorsien.

Die kamer met ’n enkelbed en die kamer met ’n dubbelbed kan saam bespreek word, omdat hulle 'n tussendeur het wat geskik is vir 'n gesin.

Hierdie slaapkamers het lugversorging, ekstra geriewe, soos 'n privaat ingang, 'n TV met Openview HD-kanale, 'n yskassie, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n afstandbeheerde hek.

Besienswaardighede in die omgewing sluit die natuurreservaat Faan Meintjes, die gholfbaan van Klerksdorp, verskillende staproetes, die Klerksdorp-museum, die munisipale tuin, die Johan Neserdam en die Plant House in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Amanda P
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het baie lekker gebly! Die gasvryheid was ongelooflik, en die plek is pragtig ingerig. Die kamers is ruim en gerieflik. Baie dankie vir 'n wonderl...
Sien meer
Nov 2024
Kobus L
Saam met lewensmaat
5.0
Netheid, verwelkoming, gasvryheid asemrowend. Was baie lekker en gerieflik. Netjies en skoon.
Sep 2024
Ledine V
5.0
Voldoende. Ja, lekker gebly, baie bedagsame diens.
Sep 2024
Anita H
Saam met vriende
5.0
Uitstekend. Alles was goed georganiseerd. Verblyf uitstekend. Sal enige tyd weer daar oornag en met vrymoedigheid aanbeveel.
Jun 2024
Zenda S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie baie lekker, veilig en snoesig geslaap. Die gasvrou was wonderlik, die kamer was pragtig en skoon. Dit was gesellig en warm. Genoeg komberse en a...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ansie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Saffierstraat 7, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Gaste dink Sola Gratia het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saffierstraat 7, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0922280f1293ea8111695a2e93ddb6c747e44fb6b49b7688a78e2ca2c71f2294e9d06abee0fb933527d84750bb0389571f1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 46 5 1 5 7 Saffier Street Wilkoppies 2571 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.827389421884 26.67831779693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang