Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sondela Guest House

Gastehuis

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
4.2
Audrey P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Rustig. Baie rustige oornagplekkie gewees. Met baie behulpsame eienaars.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adéle D
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2023

Mooi kamers. Die eienaar het nie van ons bespreking geweet nie. Gelukkig het ek my besprekings en e-posse gehou. Eienaar was vriendelik en het vir ons kamers beskikbaar gehad maar nie die eenhede wat bespreek was nie. Baie dankie vir die eienaar se hulp en vriendelikheid. Sal Sondela aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dylan B
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Des 2022

Great stay. We were well received and made to feel at home by Sandra. She went the extra mile to make us feel comfortable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Rean & Sandra
Sondela Guest House
Thank you. I am glad you enjoyed your stay. Stay safe Sandra

Ludwig S
1 nag
5.0
Aug 2019

Verblyf by Sondela is voldoende. Sandra het regtig baie moeite met my akkommodasie by Sondela gedoen. Die verblyf is voldoende en die mense is vriendelik. Daar word tot besprekings gemaak by eetplekke vir die aand. Sondela se eienaar gaan die ekstra myl om mens welkom te laat voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ludwig S
1 nag
5.0
Jul 2019

Verblyf is netjies en genoegsaam. Sondela gastehuis is voorwaardelik 'n aangename en netjiese plek om te oornag na 'n lang pad of vir besigheid in die dorp of nabye omtrek. Ek sal Sondela definitief aanbeveel, hulle is vriendelik en hulpvaardig en bereid om tot in die laat ure van die aand die plek oop te sluit vir mens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rean & Sandra
Sondela Guest House
Baie dankie.

Jan V
1 nag Saam met vriende
4.4
Aug 2019

Goed. Goed vir oorbly, maar nie 'n regte self sorg-eenheid nie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

John P
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Des 2019

Very comfortable and hospitable. Their biggest unit has 4 beds but we are a family of 5, they gladly accommodated us with an extra mattress. Also happy to accommodate our pets.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Rean & Sandra
Sondela Guest House
John, baie dankie. Ek is baie bly u het dit aangenaam gevind. Sandra

Willem V
Kort verblyf Besigheidsreis
3.2
Feb 2018

Nooit weer nie. Die eienaars is totaal onbetrokke. Ek moes maar hoe dinge werk uitvind soos ek gaan. In 5 dae nooit die WiFi password gekry nie. Oggend 2 van my verblyf moes ek in swembad gaan bad want daar was geen water nie! (Geen grappies nie.) Ek het 05:00 opgestaan omdat ek vroeg afsprake gehad het. Tot my skok moes ek agterkom daar was geen water nie en niemand by wie ek kon navraag doen nie! Die (ek neem aan) bestuurderes het teen 06:00 opgedaag en water krediet opgesit wat toe water verskaf het. Teen hierdie tyd was ek reeds "gebad" in die swembad. Die kamer was ongelooflik warm en die waaier in die kamer was soos om met 'n klein teelepel 'n 1000 liter drom leeg te skep. Die lys is eintlik eindeloos. Van stort waar die water dan warm en dan koud is tot stukkende vensterknip, wat beteken dat ek nie venster in ongelooflik warm kamer kon oopmaak nie. Maar in kort as ek nooit weer daar kom nie, sal dit presies 1000 jaar te gou wees. Die enigste ligpunt was die bereidwilligheid van die (ek neem aan sy is die on-site bestuurderes) om te help waar sy kon.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Liesel B
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Des 2017

Voldoende vir 'n vinnige oornag - netjies en skoon. Diens met ons aankoms laat in die aand was puik. Verblyf was skoon en netjies, perfek vir 'n vinnige oorslaap voor ons weer verder sou reis. Voorstel vir melk i.p.v. poeier melk saam met koffie en tee in kamers.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Rean & Sandra
Sondela Guest House
Ek is baie bly julle het dit geniet. In die toekoms sal ek vra vir vars melk of is die sakkies reg. Groete Sandra

Elizabeth V
1 nag Besigheidsreis
4.2
Jul 2017

Goeie verblyf met 1 of 2 klein probleempies. Oor die algemeen, goeie verblyf. Ons was 3 kollegas wat saam daar gebly het. My ondervinding was heel goed, maar beide my kollegas moes in koue water stort, aangesien daar nie warm water was nie. Een het ook gekla dat dit die ongemaklikste bed is waarop hy nog ooit geslaap het. Klein goedjies wat aandag kort, maar oor die algemeen, 'n bevredigende ervaring vir die prys.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Rean & Sandra
Sondela Guest House
Beste Elize, Jammer oor die water. Soos ek genoem het, is dit baie koud hier in die winter. Ek noem ook aan almal om eerder in die aand te stort of bad omdat die water eers later die volgende oggend weer warm word want dit vries gedurende die nag. Rakende die bed - ek kan dit nie glo nie aangesien al my matrasse nuwe Cloud 9 matrasse is. Al wat ek kan sê is dat ek vreeslik jammer daaroor is. Groete, Sandra

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Rean & Sandra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Durbanstraat 63, Aliwal-Noord, 9750, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVkZDg1ZDJjLTQzYjctNDMyNC04ZjQ0LTY2OWZkMTM1OTAzOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 18 5 1 4 63 Durban Street Aliwal North 9750 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.693753550007 26.71226978302

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang