Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sondela Nature Reserve and Spa Country House

Gastehuis

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.0
Veiligheid
4.8
Jaco L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2023

Fantasties. Butler TC was great. Almal was baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Feb 2024

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Eugene K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.6
Okt 2023

Die naweek was geboek vir my en my vrou se 12de huweliksherdenking wat ons kon vier vir die eerste keer in 11 jaar. Ek het gevra dat hulle vir my blomme, vonkelwyn en sjokolade in die kamer sal sit met aankoms, waarop hulle my 'n kwotasie gegee het toe ek bespreek het. Met die aankoms was daar nie 'n verwelkomingsdrankie soos wat gesê was nie. Ook geen vonkelwyn, blomme of sjokolade soos ek gevra het nie. Ek het dit gevra omdat ek dit spesiaal wou maak vir my vrou, maar daar was niks. Hulle het my eers later gevra wanneer ek die goed in die kamer wil hê, en het ook gesê die blomme by Pick n Pay is nie mooi nie, so hulle het nie blomme gekry nie. Eerstens wil ek nie Pick n Pay blomme hê nie. Tweedens sou ek betaal vir alles waarvoor ek gevra het. Hulle het toe wel die kamer mooi gemaak Saterdagaand met slegs vonkelwyn en blare wat uit die tuin kom. Ek het toe gevra dat hulle ook 'n bottel vonkelwyn saam met die ontbyt sal gee vir Sondagoggend, wat hulle ook nie gedoen het nie. Ons het ook cocktails bestel waarvoor ons meer as 45 minute gewag het. Toe die cocktails uiteindelik kom, was dit gemaak met plat soda water. Ek dink dit is pateties van hulle, aangesien dit R4750.00 gekos het vir die 2 nagte en dan is dit die diens wat ons kry. Alles wat ek ekstra wou gehad het, sou ek ekstra vir betaal het sonder enige probleem. Ek sal hulle nooit weer gebruik nie. Iets wat spesiaal moes wees, het hulle heeltemal verknal. Wat ek wel moet sê, is dankie aan die sjef. Die kos was baie lekker gewees.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Willem D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Des 2021

Baie rustige omgewing en privaat, dus geen geraas. Uitstekende diens van onder andere, David, Thabang en Knowledge. Kos was ook ook van bostaande gehalte. Kamers baie netjies en skoon. Tuin ook baie netjies en privaat swembad net vir mense wat tuis gaan by Country House.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sondela
Sondela Nature Reserve and Spa Country House
Goeie dag Dankie dat jy die tyd geneem het om vir ons terugvoer te gee oor jou verblyf by Sondela Natuurreservaat. Ons waardeer dit altyd om terugvoer te hoor oor die ervaring wat u gehad het en u kommentaar is ter harte geneem. Ons waardeer jou insette en streef altyd daarna om ons gaste se verwagtinge te oortref. Ons hoop om jou binnekort weer by Sondela Natuurreservaat te sien. Vriendelike groete, Sondela Natuurreservaatbestuur

Andre R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mrt 2021

Great visit. Great place and great food.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Antoinette W
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2019

Die span wat na jou kyk is awesome verby! Uan, Jurie en Renier het ons soos royalty hanteer. Niks was te veel moeite nie en alles was gedoen met 'n breë smile! Dit was 'n ongelooflike naweek saam met die jong, maar professionele span!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annatjie H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Jan 2019

Was aanvaarbaar. Internet bedrag en kwotasie wat ons gekry het het verskil en was baie duurder as wat hul die kamers geadverteer het! Desember dalk? Ons het die webtuiste wel ingelig daaroor! Daar was nie 'n yskassie in kamer vir ons koue goed nie wat ons gemis het! Aanwysings na Country House was baie sleg en ons moes terugry na ingang om seker te maak!

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Monique V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Des 2018

'n Wonderlike ervaring en rustige wegbreek. Heerlik gekuier. Alhoewel die jong mense wat na ons omgesien het, baie hard gewerk het en uit hulle pad gegaan het om die standaard so hoog as moontlik te stel, het ek gevoel dat ek die toesig van 'n ervare persoon waardeer sou word, om die jong klomp soms te rig en te lei. 'n Poeding wat geflop het moes nooit die kombuis verlaat het nie en die bestanddele vir 'n mengel drankie moes beskikbaar kon wees te alle tye. Leiding vir die pragtige jong mense is nodig om die 4 ster ervaring 'n ware 5 ster ondervinding te maak want ek betaal beslis 'n 5 ster tarief.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sondela Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 156

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R2 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Tweefontein 426 KR, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA77485b042f18c791312fa85caa6dfbbd5b6f7235f48242ce4e9b9da2595b1aa7440f70ac8314f7dbc13a4e101f95640f0006?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 Farm Tweefontein 426 KR Bela Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -24.926332 28.392268

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang